Word Verander
Petra Stoneman
Tot dusver in ons studie het ons gedefinieer wat dit beteken om geestelik en in ons harte afgesonder te wees. Maar wat beteken dit om afgesonder te wees in ons gedagtes? Ons SOAP-verse vir vandag sal ons help om die antwoord op hierdie vraag te ontdek en ons in te stel vir hierdie week, asook om vir ons ‘n praktiese toepassing vir ons daaglikse lewe te bied.
Kom ons duik saam in!
Om te verstaan waartoe ons geroep is, is dit dikwels nodig om ook na die teenoorgestelde te kyk – dit waartoe ons nie geroep is nie. Romeine 12:2 help ons daarmee deur een negatiewe en een positiewe opdrag te gee:
– Moenie aan hierdie wêreld gelyk word nie
– Word verander
Moenie aan hierdie wêreld gelyk word nie
Die woord “gelyk” verwys na die eksterne lewe, die uiterlike beeld van ‘n persoon. Die betekenis van die woord soos hier gebruik, gaan hand aan hand met ‘n konflik tussen wat aan die binnekant is en wat aan die buitekant uitgebeeld word.
Wat dit voorstel, is dat ons nie moet voorgee of ‘n daad moet doen, asof ons met die huidige wêreld saamstem (gelyk word) nie.
Wat is die huidige wêreld? Die waardes, oortuigings en neigings van enige sekere tydstip. Dit word altyd deur Satan oorheers, soos hy in die Bybel beskryf word as die god van die wêreld (2 Korintiërs 4: 4).
Laat ons nie saamstem met die wêreld nie, of nog erger, maak asof ons op goeie voorwaardes daarmee is, terwyl ons nie saamstem met die waardes aan die binnekant nie. Laat die lig van Christus binne ons helder skyn vir almal om te sien!
Word verander deur die vernuwing van jou gedagtes
Nou gaan ons oor na wat om te doen in plaas daarvan – in plaas daarvan om gelyk te word, moet ons verander word. Wat is die verskil?
Eenvoudig gestel, hulle is teenoorgesteldes.
Om gelyk te word, soos ons dit gedefinieër het, beteken dikwels ‘n verkeerde belyning tussen ‘n persoon se innerlike wese en uiterlike voorkoms of gedrag, terwyl verandering of transformasie beteken dat dít wat aan die binnekant plaasgevind het, ook aan die buitekant sigbaar en duidelik is.
Om die waarheid te sê, die Griekse woord wat hier in die oorspronklike teks gebruik word, is die woord waaruit die Engelse woord “metamorfose” afgelei word. ‘n Eenvoudige definisie van metamorfose is, “’n verandering van die vorm of aard van ‘n saak of persoon tot ‘n heeltemal ander een.”
Die verandering wat Jesus in jou hart en lewe aangebring het, sal jou tot ‘n heeltemal ander persoon omskep.
Hoe is hierdie verandering moontlik? Gebeur dit sodra jy jou lewe aan God oorgee, in Jesus glo en jou sondes bely?
Ja en nee.
Terwyl die lewe van ‘n begenadigde sondaar eens en vir altyd op die punt van verlossing geregverdig is, vind die voortgesette proses van heiligmaking plaas wanneer ons ons persoonlike verhouding met Hom uitleef. Hierdie voortgesette verandering deur die vernuwing van jou gedagtes is slegs moontlik deur die werk van die Heilige Gees in die lewens van diegene wat konsekwent God se Woord bestudeer en daaroor nadink.
Moet dus nie moed opgee nie. Moenie moeg word nie. Hierdie soort verandering is slegs met verloop van tyd moontlik. Jy sal dalk nie die oorwinning tegelyk op elke gebied van jou lewe of oornag sien nie, maar deur elke dag getrou te nader en jouself te versadig in die lewende Woord van God.
Die verandering in jou hart en gees sal mettertyd vir jou sowel as almal rondom jou sigbaar word. Skielik:
- sal jou humeur bedaar.
- sal die manier waarop jy jou vrye tyd spandeer, verander.
- sal ’n begeerte in jou groei om uit te reik na diegene wat jou eens bespot het.
- sal jy jou sonde verag en hunker na heiligheid.
Behalwe, dit is nie regtig ‘skielik’ nie, is dit? Dit is geleidelik, deur jou gedagtes elke dag te vul met God se Woord, selfs wanneer jy nie lus is nie, selfs wanneer jy dink dat dit nie werk nie, selfs as jy aan ‘n miljoen ander, skynbaar meer produktiewe dinge kan dink om eerder te doen.
Terwyl jy die skat van die Skrif in jou gedagtes bêre, sal jy die vrugte daarvan in die uitwerking van jou geloof sien en verbaas staan oor die heiligmaking wat die Heilige Gees in en deur jou bewerk.
Week 3 Uitdaging:
Om ons gedagtes afgesonderd van die wêreld te hou is ‘n voortdurende stryd. Ons gedagtes word gereeld gevul deur wat rondom ons is. Kyk hierdie week eerlik na die dinge wat jy elke dag in jou gedagtes plaas, insluitende boeke, TV-programme, flieks, musiek, sosiale media, foto’s ens. Moedig hierdie dinge jou aan om afgesonderd te wees vir God? Vernuwe dit jou gedagtes met die dinge van God? Indien nie, hoe kan jy ‘n verandering maak aan dít wat jou gedagtes vul, sodat dit God eer?
Week 3 Leesplan:
Week 3 Memoriseervers: