Geloofsverklaring

Ons missie om vroue te help om God heelhartig lief te hê met hul lewens, is gevorm uit ons oortuigings oor God en hoe Hy Homself deur die Bybel aan ons geopenbaar het.
Hier is ‘n kort opsomming van wat ons glo:

Die Geloofsbelydenis van Nicea

Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sienlike en onsienlike dinge; en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye; (God uit God) Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God,
verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader.

Deur wie alle dinge ontstaan het.

Wat ter wille van ons, die mens, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees geword het deur die
Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het.

Wat selfs vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is;
en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte; wat opgevaar het na die hemel, en wat sit
aan die regterhand van die Vader.

Wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het,
wie se koningsheerskappy geen einde sal hê nie.

En in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat saam met die Vader
en die Seun aanbid en verheerlik.

Moet word, wat gespreek het deur die heilige profete.

Ons glo aan een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels.

Ons bely een doop tot vergifnis van sondes; ons verwag die opstanding van die ontslapenes,
en die lewe van die toekomstige eeu. Amen.

Opsomming van geloofsoortuigings

Die Bybel is God se onfeilbare Woord.

God is Drie-Enig: Vader, Seun en Heilige Gees.

Jesus is God. Ons glo in sy maagdelike geboorte, sondelose menslikheid,
versoeningsdood aan die kruis, liggaamlike opstanding en hemelvaart.

Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.

Verlossing is deur genade alleen, deur geloof alleen, in Christus alleen.

Die Heilige Gees woon in gelowiges en bekragtig hulle om die Christelike lewe te leef.

Christus sal terugkeer om die lewendes en die dooies te oordeel.

Die opstanding van die liggaam: ewige lewe vir alle ware gelowiges in die hemel en ewige straf vir alle ongelowiges in die hel.

Die kerk bestaan uit ware gelowiges uit elke nasie, stam, volk en taal.

Gelowiges word geroep om aan ander die goeie nuus van die evangelie te vertel.