By Love God Greatly Afrikaans verstaan ons hoe moeilik dit soms kan wees om tyd in ons besige dae te vind om God se Woord te lees en te bestudeer. Daarom het ons ons Bybelstudies vir vroue geskep rondom ‘n bewese en effektiewe Bybelstudiemetode wat die S.O.A.P.-metode genoem word. Deur 15-20 minute per dag te neem, help ons jou om nie net tyd te vind om God se Woord te lees nie, maar jy sal ook leer om dit in jou lewe toe te pas en dit uit te leef.
Dit is ons hartsbegeerte om Bybelstudies in jou taal te voorsien en jou te help om ‘n liefdevolle gemeenskap van vroue wat saam God se Woord bestudeer, te vind of te vestig.
“Hierdie Bybelstudies het my lewe verander! Dit is maklik om te doen, neem net ongeveer 15 minute, en help my om nader aan God te groei! Ek beveel dit baie sterk aan! Elmarie
Love God Greatly is ‘n internasionale vrouebediening wat vroue help om God heelhartig lief te hê met hul lewens… een Bybelstudie, een vertaling, een vrou op ‘n slag. Ons beveg Bybelse ongeletterdheid wêreldswyd in meer as 40 tale. Ons doen dit deur pragtig ontwerpte Bybelstudies en hulpbronne te voorsien wat vroue lei tot ‘n groter begrip van God terwyl hulle sy Woord in hul lewens uitleef.
Hoor van die stigter en direkteur van LGG, Angela Perritt.
Wêreldwyd is daar ‘n dringende behoefte aan Bybelstudies vir vroue wat in veelvuldige tale beskikbaar is. Die Bybelstudies wat jy koop en jou donasies help direk om hierdie behoefte te verlig.
Luister na die verhale van sommige van ons vroue wat deel hoe God wêreldswyd deur Love God Greatly werk.
Love God Greatly begin met ‘n eenvoudige Bybelleesplan, maar dit is nie waar ons ophou nie. Vroue kom plaaslik in huise en kerke bymekaar, terwyl ander aanlyn met vroue regoor die wêreld inskakel.
Ons weet dat JY ‘n verskil wil maak! Sluit by Love God Greatly aan met ‘n missie om Bybelse ongeletterdheid regoor die wêreld te beveg, en om Bybelstudiehulpbronne in soveel tale as moontlik te verskaf.
As ‘n nie-winsgewende organisasie bestaan Love God Greatly as gevolg van die goedgunstigheid van vroue soos jy, wat gekies het om te belê in dít wat werklik saak maak.
Elke donasie het ‘n invloed op die ewigheid!