Hoekom S.O.A.P. ons?

Dit is een ding om net die Skrif te lees. Maar wanneer jy interaksie het met die Woord en doelbewus jou tyd neem om waarlik daaroor te bepeins, dan staan woorde skielik uit. Deur jou verse te S.O.A.P. is jy in staat om dieper in die Skrif te delf en meer te “sien” as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan net aangaan met jou dag.

Ek wil jou aanmoedig om die tyd te neem om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse lees van die Bybel sal put…jy sal verbaas wees.

Wat beteken S.O.A.P. ?

S- Die S staan vir Scripture (Skrifgedeelte) – jy skryf die teksverse neer… jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar deur net die tyd te neem om die verse wat jy lees, neer te skryf! 

O- Die O staan vir Observation (Observasie) – wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A- Die A staan vir Application (Toepassing) – dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dit wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Watter veranderinge moet ek maak? Is daar enige aksie wat ek moet neem? 

P- Die P staan vir Prayer (Gebed) – Bid God se Woord terug aan Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het tydens hierdie tyd in Sy Woord, bid daaroor. As Hy ‘n sonde in jou lewe geopenbaar het, bely dit. 

Om God se Woord op hierdie wyse te bestudeer kan so kort of so lank wees as wat jy dit wil doen. Sommige dae neem dit net 10 of 15 minute, ander dae langer.

 

Hoe doen ek die S.O.A.P. Metode?

Hier is ‘n persoonlike voorbeeld…

Kolossense 1:5-8

S– Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is. Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en ‘n getroue dienaar van Christus in julle belang. Dit is ook hy wat ons vertel het van die liefde wat deur die Gees in julle gewek is.

O– (Baie kere maak ek net kort opsommings van my observasies…… dit wat ek met die eerste oogopslag waarneem wanneer ek na die verse kyk)

  • Wanneer jy geloof en liefde kombineer, kry jy hoop.
  • Ons moet onthou dat ons hoop in die hemel is…. dit wag op ons.
  • Die evangelie is die woord van waarheid.
  • Die evangelie dra vrugte en groei van die eerste dag tot die laaste.
  • Dit neem net een persoon om ‘n hele gemeenskap te verander…. Epafras.


A
– Iets wat vir my vandag uitgestaan het was hoe God een man, Epafras gebruik het om ‘n hele gemeenskap te verander!!! Ek was daaraan herinner dat ons geroep is om ander van Christus te vertel…. God sal die evangelie laat versprei…. om dit te laat groei en vrugte te dra. Ek voel dat vandag se verse direk spreek tot LGG….“en net soos dit in die hele wereld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos wat dit werklik is.” Is dit nie wonderlik wanneer God se Woord so lewendig word en so direk spreek met ons net waar ons is nie?!!!! My gebed vandag is dat al die vroue wat betrokke is met hierdie Bybelstudie, God se genade sal verstaan en sal dors na Sy Woord.

P– Liewe Here, help my asseblief om ‘n “Epafras” te wees…. Om ander mense van U te vertel, en dit dan in U liefdevolle hande te los. Help my asseblief om dit wat ek gelees het te verstaan en dit toe te pas in my lewe, sodat ek elke dag meer en meer soos U sal word. Help my om ‘n lewe te lei wat die “vrugte” van geloof en liefde dra…. dat ek my hoop in die hemel sal anker; nie hier op die aarde nie. Help my om te onthou dat die BESTE nog voorlê!

Die belangrikste bestanddele in die S.O.A.P. metode is JOU interaksie met God se Woord en jou toepassing van Sy Woord vir jou lewe.

SOAP METODE HULPBRONNE

Die SOAP metode word in alle Love God Greatly studies en Bybels gebruik. Ons materiaal sal jou aanmoedig om dieper in God se Woord te groei.

100% van jou aankope word teruggeploeg in ons bediening om ons
te help om God se Woord aan vroue reg oor die wêreld in hul eie taal te voorsien! Ons studies word tans in meer as 40 tale vertaal en ons wil aanhou groei
!

Jou aankope help ons bediening groei!