Getuienisse

Duisende vroue kom wêreldwyd bymekaar om God se Woord te bestudeer deur middel van ons Love God Greatly Bybelstudies wat in verskillende tale vertaal word. Sommige vroue doen ons studies alleen, terwyl ander by plaaslike groepe of aanlyngroepe aansluit. Van die Kaap tot in die noorde, van oseaan tot oseaan, in Australië, Kanada en wêreldwyd, kom vroue bymekaar om nie net die Bybel te bestudeer nie, maar om liefdevolle en bemoedigende gemeenskappe te vorm waar hulle hul geestelike lewens kan koester en groei.

Wanneer jy die getuienisse van sommige van ons vroue lees, dank God vir
wat Hy deur Love God Greatly doen. 

“Wanneer vroue toegerus is met die kennis van God se waarheid, word die wêreld verander,
een vrou op ‘n slag.”

Martie

Suid-Afrika

Die blote feit dat ek hierdie studies in Afrikaans kan lees beteken vir my ongelooflik baie. Dit beteken ek verstaan dit wat ek lees soveel beter. Baie van hierdie studies is in Engels, en omdat Engels nie my huistaal is nie, moet ek gereeld eers ’n woord of twee of drie gaan naslaan om te kyk wat dit beteken, om die ware betekenis van die stukkie ten volle te begryp en te verstaan.

Maar behalwe die taal, verryk hierdie dagstukkies en studies my lewesoveel. Ek leer baie van myself, ek doen introspeksie, sien waar doen ek verkeerd. Mens is so geneig om die heeltyd teen een ding vas te kyk en ’n ander aspek te verloor of mis te kyk – ek dink spesifiek aan die Jona studie. Ek het altyd net gekyk na Jona wat nie luister na God nie en toe word hy gestraf. Maar vir die eerste keer het ek besef ek is ook maar ’n Jona, want ek wil ook nie luister nie. Ek het gesien hoe ek nie wil luister vir God nie. Dit nadat ek regtig introspeksie gedoen het.

Die ander lekker ding is om dit per e-pos te kry. Dit beteken, ek kan altyd weer teruggaan na ’n studie en weer iets gaan lees. Ek kan myself weer gaan herinner, ek is ’n vrou, God sien my raak, Hy sal my nooit los nie, Hy sien die trane, die swaarkry en bekommernisse, tog sorg Hy elke dag vir my! Ek het weer geleer om al my bekommernisse vir God te gee – Hy dra my bekommernissse beter as wat ek dit kan dra.  Ek het weer geleer wat dit beteken om nie bekommerd te wees oor die dag van more nie, dit is nie belowe nie, slegs God se liefde is belowe vir vandag en elke dag van die res van my lewe! Ek het geleer om net te lewe vir vandag. Maar bowenal het ek geleer, dit maak nie saak wat wie sê of dink nie, al wat saak maak is God!

Sluit By Ons Gemeenskap Aan

Love God Greatly begin met ‘n eenvoudige Bybelleesplan, maar dit is nie waar ons ophou nie. Vroue kom plaaslik in huise en kerke bymekaar, terwyl ander aanlyn met ander vroue regoor die wêreld inskakel.