Vrydag/ Sagkens herstel

Ek en ‘n paar vriende het ‘n paar jaar terug op ‘n staptog in ‘n nasionale park gegaan. Ek het voorberei deur ‘n paar keer in ‘n week na die gimnasium te gaan sodat ek kon byhou gedurende die tog. Die eerste paar dae het dit goed gegaan. Toe besluit ons om ‘n stuk pad aan te durf wat ‘n paar kilometers se stewige klim ingesluit het.

Ek het heelwat vertroue in my uithouvermoë en deursettingsvermoë gehad, maar op hierdie punt het dit begin verdwyn. Ek moes elke paar honderd treë stop, want ek was uitasem en moeg. Ek was die een wat die groep teruggehou het.

Dit sou verstaanbaar gewees het as my vriende begin vies raak het en my net daar gelos het sodat ek hulle later kon inhaal. Maar hulle het nie.  Hulle het gestop en saam met my vertoef om water te drink. Hulle het my aangemoedig om aan te hou. Ons het uiteindelik die kruin van die berg bereik. Ek was trots op myself. Hulle was trots op my en die uitsig was absoluut die moeite werd.

Die oomblik toe ek sou opgee en omdraai na ons beginpunt, het my vriende my sagkens aangemoedig, en dit het my aangespoor om aan te hou.

Op dieselfde manier word daar van gelowiges verwag om ook sag op te tree wanneer ‘n medegelowige sondig optree.

Sonde is enigiets wat ons dink, sê of doen wat nie vir God aanvaarbaar is of Hom eer nie.  Ons sonde is tot aanstoot vir Hom wat sê: “Ek weet die beste. Ek is die een in beheer. Ek kan lewe soos ek wil hoe ek wil sonder om God in ag te neem.”

Wanneer ons sien ‘n medegelowige doen sonde, is ons eerste instink moontlik om gefrustreerd te raak en goed te sê soos: “Wat het jy gedink? Hoe kon jy so iets doen?” Maar dit is nie die manier hoe Christus ons sonde hanteer nie. As sy ambassadeurs moet ons op dieselfde manier optree.

Jesus handel sagkens met ons, met omgee en meegevoel. Dit beteken nie dat ons kan maak soos ons wil omdat Hy ons altyd sal vergewe nie. Dit beteken ook nie dat Jesus nog steeds nie sonde verdra nie. Dit is eintlik presies die teenoorgestelde. Jesus gee so baie om vir ons en die manier wat ons sondig, dat Hy vir ons aan die kruis vir ons sonde gesterf het.

Sonde is verkeerd. Dit is ons sonde wat ons vir ewig van God skei. Ons moet ander help en ondersteun, nie hul sonde ignoreer nie. Ons moet egter nie heilige boelies wees wat almal veroordeel wat sonde en hulle net so te los nie. Ons moet die balans vind tussen om iemand op sy sonde wys, maar dit ook op ‘n mooi manier doen sonder om aanstoot te gee en die Heilige Gees te vertrou om die regte pad vir die persoon te wys.

Vir een of ander rede werk die Heilige Gees onmiddellik om mense bewus te maak van die sonde in hulle harte en gedagtes. Hulle voel onmiddellik skuldig en skaam. Wat dink jy is die beste optrede in hierdie oomblikke? Dit is nie nodig om op hulle te trap en aanhoudend op die sonde te fokus nie.

Die Heilige Gees het die oortuigingswerk gedoen. In Galasiërs  hoor ons dat  ons ‘n broer of suster sagkens moet help.

Ander vind hulself vasgevang in sonde en hulle weet nie hoe om hulself daaruit los te wikkel nie.  Dit is asof jy in dryfsand vasgevang is. Hulle voel asof hulle aanhou aan die verdrink is. Hulle weet nie hoe om nee te sê en hulle uit hierdie sonde los te wikkel nie. Hierdie mense het ander gelowiges se hulp nodig, mense wat hulle verantwoordbaar hou en hulle aanmoedig. Dit is nodig om ‘n keuse te maak om aan te hou om die pad met hulle te stap.

Nog ander wat vasgevang is in sonde, wil nie van hul sonde afsien nie. Van ons word verwag om presies dieselfde pad as met ander te stap. Ons moet hulle sagkens lei om hulle sonde aan hulle uit te wys. Ons moet hulle liefdevol lei na bekering omdat ons hulle lief het en ons wil vir hulle ook God se beste vir hulle hê. Matteus 18 wys vir ons presies hoe om hierin voort te gaan wanneer iemand kies om aan te hou met hulle sonde in teenstelling met die Woord van God.

In al hierdie situasies moet ons onthou dat dit nie ons verantwoordelikheid is om harte te verander nie. Dit is die werk van die Heilige Gees. Ons werk is om sonde uit te wys, sagkens met ander mense om te gaan, en aanhoudend in ons eie lewens bedag te wees op sonde wat so maklik kan posvat.

Ons is so vinnig om sonde in ander uit te wys, dat ons vergeet om ons eie sonde na Jesus te bring. Ons kan soms blind wees vir ons eie sondige natuur. Dit is hoekom gereelde  belydenis baie belangrik is in die lewe van ‘n gelowige. Belydenis van ons sonde help ons om op Jesus te vertrou. Dit help ons om nederig te bly in ons begrip van ander se sonde, soos Jesus in die Bergpredikasie (Matteus 7:3-5) uitwys. Ons is almal gedurig van God se genade afhanklik, en dit is ons voorreg om in God se diens te staan deur vir ander te help en hulle in die rigting van die kruis van Jesus te lei.

Ek moedig jou vandag aan om ander gelowiges te vind wat jou kan leer ken, selfs die sondige dele. Laat hulle verstaan waar jy ook sonde doen, wat jou prioriteit is en waar jy sukkel. Laat hulle toe om ook in jou lewe insette te lewer. Ek moedig jou vandag aan om ander gelowiges te vind wat jou kan ten volle kan leer ken, selfs die sondige dele. Laat hulle weet watter versoekings jou pad kom en waarmee jy sukkel. Laat hulle bewus wees van hoe jy jou lewe lei, wat jou prioriteite is, waar jy Christus ernstig soek en waar jy die vyand se leuens glo. Ons moet mekaar se laste dra en dit begin wanneer ons ander mense insig gee in ons eie lewens.

Weet vandag dat Jesus jou liefhet, ongeag wat in jou lewe aan die gang is. Hy sit nie in die hemel en wag vir jou om ‘n gemors van jou lewe te maak sodat Hy jou kan veroordeel nie. Hy wil hê dat jy terugkeer na Hom toe. Hy sit met ope arms vir jou en wag.

Ek bid dat ons die liefde en vergewende genade van Jesus sal ervaar en dit op ons beurt aan ander sal wys.

Emily Hope

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs