Leef ‘n waarlik goeie lewe

Vir meer as twintig jaar het ek nou al die voorreg om vyf wonderlike vroue as my beste vriendinne te kan hê. Ons het mekaar al deur so baie seisoene in die lewe gedra. Ons is deur tienerjare, kollege, jong volwassenheid, volwassenheid, verhoudings, gebroke verhoudings, verliese, huwelike, babas en soveel meer.

As jy na ‘n beskrywing van elke vrou kyk, sal jy sien dat hulle geheel en al van mekaar verskil. Wat ons saambind is ons liefde vir Christus. Ons is almal uit genade gered deur geloof en dit maak ons susters in Hom. Hulle is voorbeelde van die goedheid van die Here in my lewe. Ek sal enige iets vir hierdie vrouens doen.

In die boek Rut ontmoet ons ‘n jong Moabitiese vrou wat so nou verbind was aan haar skoonmoeder, dat sy enige iets vir haar sou doen. Na die verlies van haar man en twee seuns, het Naomi, Rut se skoonma, beplan om terug te gaan na haar tuisland Israel. Sy het vir haar twee skoondogters gesê dat hulle na hulle huise kon terugkeer en nuwe mans vind om mee te trou. Een skoondogter het gekies om huis toe te gaan, maar Rut het gekies om by Naomi te bly.

Rut was nog nie voorheen in Israel nie. Sy het geen vooruitsig gehad vir ‘n ander man nie, en hulle het nie regtig ‘n plan gehad hoe hulle hulself sou onderhou nie. Nogtans het Rut gegaan. Sy het nie haar skoonma verlaat nie en God het haar later daarvoor geseën.

Rut gee vir ons ‘n pragtige beeld van wat dit beteken om ‘n goeie lewe te leef. Rut het alles opgeoffer om Naomi te dien. Sy het ywerig in Boas se veld gewerk om vir haar huishouding te voorsien. Sy het guns gevind in die oë van Boas, nie as gevolg van haar skoonheid nie, maar as gevolg van haar karakter. Sy het God gevolg en uiteindelik die oumagrootjie van koning Dawid geword en baie geslagte later van Jesus.

As jy iemand deesdae sou vra wat dit beteken om goed te wees, sal hulle heel moontlik die volgende sê: “Om reg op te tree teenoor ander” of “om vriendelik te wees” – of iets soortgelyk wat tipies gedefinieer word deur die verwagtinge van die samelewing. Wanneer ons na die Skrif se definisie kyk, sien ons dat goedheid dieper gaan as dit, want dit word gedefinieer deur die karakter van God.

Met God as ons voorbeeld sien ons dat goedheid meer is as om net vriendelik te wees. Dis om ‘n rein morele lewe te leef. Dis om te haat wat boos is en vas te hou aan wat goed is (Romeine 12:9). Dis om vergifnis te bied (Matteus 18:21-22) en meer diensbaar te wees (Matteus 5:41) as wat die samelewing verwag. Wanneer ons as gelowiges aan die woord “goed” dink, moet ons aan Jesus dink. Dis om te leef soos Christus geleef het, om genade, barmhartigheid en medelye te betoon, wat ons net kan doen as ons God liefhet.

Wanneer ons deur die Skrif kyk sien ons oral die goedheid van God. God het ‘n reddingsplan gehad van die oomblik toe sonde in die wêreld gekom het – Hy het ‘n Redder voorsien om die mensdom te herstel en te verlos. God het keer op keer vir sy mense voorsien, selfs toe hulle hul rug op Hom gedraai het om valse gode te aanbid. God voorsien wat ons nodig het en wanneer ons dit nodig het. Hy hoor ons gebede. Hy gee vergifnis en vryheid deur Jesus. Hy doen oneindig meer as wat ons bid of dink.

Wanneer ons voorraadopname doen van al die goeie dinge wat God in ons lewens doen, kan ons nie anders as om op dieselfde manier te leef nie. Ons het baie genade, vriendelikheid en liefde ervaar; daarom wil ons sien dat ander dieselfde ervaar. Net soos Rut is ons goedheid nie iets wat ons doen om aandag, prys of regverdiging by God te kry nie. Dis ‘n manier van leef wat ons koning verheerlik en eer.

Neem vandag voorraadopname van jou eie lewe. Leef jy ‘n “goeie” lewe soos wat die wêreld dit beskryf of soos die Bybel dit beskryf? Is jou motivering om die prys van ander te verdien of vir die evangelie om te versprei? Die Heilige Gees is die een van goedheid in ons harte en lewens kweek. Sal jy Hom toelaat om vandag in en deur jou te werk?

Week 4 Leesplan

WEEK 4 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs