Wees Verdraagsaam

Wees Verdraagsaam

Petra Stoneman

“Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.” – Kolossense 3:12–14

Elke vrou van God in die Love God Greatly-gemeenskap smag daarna om ‘n lewe te lei wat Jesus se hart in ons gedagtes, woorde en dade weerspieël. Ek weet elkeen van ons begeer om van binne af te groei sodat ons die skoonheid van Christus uit kan dra.  

Ons hardloop dikwels op ‘n leë tenk. Ons voel moeg, oorweldig en gebroke. Ons hanteer elke dag na die beste van ons vermoëns, klou skaars vas aan hoop en vergeet dikwels die onderrig en aanmoediging wat ons in ons oggendstiltetyd ontvang het. Teen die aand hyg ons desperaat vir vars lug. Dikwels gaan ons uitgeput bed toe, sonder dat ons die hele dag diep asemgehaal het, wat nog te sê ons gedagtes en harte geweek het in die waarheid van God se Woord, net om dieselfde te doen die volgende dag en die dag daarna en daarna. Verse soos Kolossense 3:12–14 klink bemoedigend en is ‘n inspirasie om te lees, maar kan soms soos ‘n vergesogte droom voel – een wat ons bitter graag wil hê ons werklikheid moet word, maar as ons eerlik is, het ons opgegee voordat ons nog probeer het.

Hoe die lewe ookal op die oomblik vir jou lyk, ongeag jou omstandighede, God bied hierdie lewe aan jou. Hy bied nie slegs aan nie; ons SOAP-verse vir vandag is ‘n beskrywing van die lewe wat reeds tot jou beskikking is, ‘n lewe verborge saam met Christus in God (Kolossense 3:3), ‘n lewe wat nou joune is as sy kind. Of jy dit voel of nie, dit is waar. Kom ons delf saam om te kyk hoe dit moontlik kan wees, en hoe ons, deur voortdurende heiligmaking deur God se genade, in hierdie werklikheid kan groei.

Ek is dol oor die volgorde waarin hierdie verse so goddelik geïnspireer en geskryf is. Om hierdie waarhede, deugde en hierdie lewe op te eis, moet ons by die begin begin, nie die einde nie. Ons kan nie skielik liefdevol word nie, ons moet ons eers wortel in wie ons is – in ons ware identiteit.

Kyk saam met my na vers 12 waar alle Christene “die uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes” genoem word. Die ESV-vertaling stel dit so: “God’s chosen ones, holy and beloved.”

As Christenvroue wat die lewe, familie en geloof navigeer in die skikkende kultuur van vandag, glo ek dat ons vir ‘n rukkie moet rus in hierdie waarheid oor wie ons is. Dit is maklik om te vergeet, en ons moet onsself, en mekaar, gereeld herinner.

Miskien kan jy vandag op hierdie vers fokus. Mediteer oor God se Woord en wie Hy sê jy is. Die oorspronklike Hebreeuse betekenis van meditasie oor die Skrif beteken om te prewel of te herkou. Dit beteken om ‘n gedagte, ‘n vers, ‘n waarheid deur die dag met jou saam te dra, dit vir jouself te prewel terwyl jy gaan, oor en oor daaraan te kou totdat dit heeltemal oplos en in jou hart, verstand en siel intrek.

Hoe sou die wêreld lyk as elke vrou van God die waarheid weet dat sy deur God uitverkies is, dat sy heilig en innig geliefd is, tot in die kern van haar wese?

Hoe sou jou wêreld lyk as jy dit geweet het, dit geglo het en daarvolgens geleef het?

Ek daag jou uit, of bemoedig jou eenvoudig: Bepeins vandag die waarheid dat jy die uitverkorene van God is, heilig en innig geliefd. Jy voel dalk nie dat dit waar is nie—vandag of in die lewe in die algemeen. Maar, liewe suster in Christus, die uitverkore, dierbare dogter en kind van God, ek daag jou uit om Hom te vertrou. Nêrens in die Bybel word ons geroep om op ons gevoelens staat te maak nie. Ons word geroep om Hom te vertrou wat getrou is, die Een wat jou geliefde noem.

Laat God sy Woord gebruik om waarheid in jou hart te spreek, Homself aan jou te openbaar en jou van binne na buite te transformeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse