Wanneer Iemand Wat Jy Liefhet, Jou Verneuk

Wanneer Iemand Wat Jy Liefhet, Jou Verneuk

Ek dink dat baie van ons kan identifiseer met die familietwis tussen Abram en Lot in Genesis 13.

Ons het miskien nie rusies oor land gehad nie, maar ons het in ons families wel al rusie gemaak oor geld, huise en besittings – allerlei soorte skatte.

Dit was Abram se reg om eerste te kies watter land hy vir sy naaste familie en vee wou hê, omdat hy Lot se oom was en die oudste van die twee. Tog sien ons in hoofstuk 13 dat Abram besluit om ‘n vredemaker te wees en nie iemand wat op sy regte aandring nie. Hy het goedgunstiglik toegelaat dat Lot eerste kies, sodat hy vrede met sy broerskind kan bewaar. Sommige mag hierdie keuse sien as swakheid, miskien selfs lafhartig, maar as jy dieper kyk, is dit nie een van die twee nie. Abram was liefdevol én dapper.

Dit was liefdevol, want Abram wou die beste vir sy broerskind hê, ondanks die feit dat Lot nie dieselfde vir hom wou gehad het nie. Abram het gekies om genadig te wees, in plaas van hebsugtig, deur Lot die geleentheid te gee om eerste te kies. Deur sy broerskind hierdie geleentheid te bied, het Abram gewys hoe lief hy vir Lot het. Abram kon baklei het vir sy reg om eerste te kies. Hy kon Lot op sy plek gesit het en hom daaraan herinner het dat, omdat hy sy oom is en die oudste van die twee, hy die reg gehad het om eerste te kies watter land hy wou hê. In plaas daarvan het Abram familie eerste gestel, bo land, geld of belangrike posisies.

Abram het die risiko geneem om verneuk te word ter wille van sy verhouding met Lot. En hy is verneuk. Lot het die beste land geneem en deur dit te doen, het hy sy karakter geopenbaar. Lot was hebsugtig en wou die beste vir homself hê. Hy het nie gedink hoe sy keuse sy oom sou beïnvloed nie. Lot se keuse het sy gebrek aan geloof in God se voorsiening vir sy lewe getoon. ‘n Keuse wat jare later verskriklike gevolge sou gehad het.

Abram was ook dapper. Hy het geweet dat hy ‘n risiko neem om verneuk te word. Hy het sy regte geken. Hy kon daarop aangedring het dat sy broerskind tweede die keuse van land moes maak. Lot kon sy oom en alles wat Abram vir hom gedoen het, geëer het deur hom die eerste keuse op land te gee. Maar Lot het sy lewe geleef op die basis van wat hy met sy oë waargeneem het. Hy het beter land, die beter ligging, die beter geleentheid gesien en hy wou dit gehad het. Deur dit te doen, het hy heel waarskynlik Abram se hart gebreek.

Abram aan die anderkant, het sy lewe deur geloof geleef. Miskien was dit as gevolg van die foute wat hy vroeër in sy lewe gemaak het toe hy nie op God vertrou het nie. Miskien was Abram hierdie keer vasbeslote om God te vertrou, maak nie saak wat nie. Abram het geleer dat wat God gee, niemand kan wegneem nie. Lot het Abram dalk verneuk uit beter land uit, maar God het meer om vir Abram te gee as net land. Baie meer . . .

“Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof van die aarde. As iemand die stof van die aarde kan tel, sal jou nageslag ook getel kan word.” – Genesis 13:15-16  

Hoewel dit pynlik is wanneer geliefdes ons seermaak, iets van ons afneem en ons verneuk, moet ons onthou dat God dit alles sien. In daardie pynlike tye in ons lewens moet ons daardie pyn en onregverdigheid aan God oorgee en Hom met dit vertrou. Lot mag dalk die beste land geneem het en sy oom se hart in die proses gebreek het, maar wat God Abram gegee het was groter as enige eiendom.

Warren Wiersbe het gesê, “Laat ander vat wat hulle wil hê; ons God gee baie meer as wat hulle hulself ooit kan indink.”

Ek wens dat niemand van ons met die hartseer verhaal in Genesis 13 kan vereenselwig nie, maar ek weet dat baie van ons daarmee kan identifiseer. Ek wil hê dat jy vandag moet weet dat God jou pyn sien. Hy is nie blind daarvoor nie. Net soos wat Hy vir Abram gedoen het, gee God vir ons beter geskenke as dít wat van ons weggeneem is. Kom ons vertrou God te midde van ons hartseer onderwyl ons wag op verlossing.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse