Volhardende Geloof

Volhardende Geloof

Sara Lindsey

Vandag se verse is die hart van wat die Love God Greatly bediening in my eie lewe beteken, en wat ons streef om te wees en te skep vir die gemeenskap van vroue regoor die wêreld.  Hebreërs 10:24-25 sê:

“Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.  Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.”

Angela Perritt is die suiwerste voorbeeld hiervan in my eie lewe. Sy is die vriendin wat my onbeskaamd aanmoedig en wat konsekwent waarheid in my lewe praat. Sy herinner my aan my gawes en my talente wanneer ek dit vergeet het. Sy gee wyse raad. Sy bid vir my, of ek haar vra of nie. Ek is beter, en my wandel met Jesus is sterker, as gevolg van haar.

Ten spyte daarvan dat ons oor die wêreld versprei is en ten spyte van ons kulturele verskille, hoop ek dat jy so ’n gemeenskap vind binne Love God Greatly of binne jou eie kerk of gemeenskap. Om ’n groep (of een vriend) te hê wat wysheid uit die Skrif soek, sal jou standvastig hou en jou lei. Om iemand te hê om jou aan te moedig, sal jou selfvertroue bou en jou inspireer. Om iemand te hê om saam met jou te bid en vir jou te bid is onskatbaar. Gedeelde ervarings en gedeelde oortuigings sal julle albei help om blywende geloof te ontwikkel.

Ons het alle versekering dat ons tot God kan nader en dat ons intieme, direkte toegang deur Jesus het. Hebreërs 10:22-23 sê pragtig:

“laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ’n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.”

Vir al die dinge van hierdie wêreld wat gebroke of onstabiel is, is ons verlossing deur Jesus Christus rotsvas. Kom ons hou vas aan daardie waarheid in ons eie lewens, en laat ons doelbewus wees om die geloof van ons vriende aan te moedig en te bevorder.

Week 6 Uitdaging:

Maak dit ‘n gewoonte om ander Christene in jou lewe doelbewus aan te moedig. Ons het almal aanmoediging nodig en dit is belangrik om nie aanmoediging van mekaar te weerhou nie. Reik uit na jou pastore, vrouebedieningsleiers en Bybelstudieleiers. Dank hulle vir die diens aan jou en jou gemeenskap. Maak tyd om vir hulle te bid en vir hulle te vertel hoeveel hul werk vir jou beteken.   

Week 6 Leesplan:

Week 6 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse