Verwag dat God Iets Gaan Doen

Verwag dat God Iets Gaan Doen

Melissa Fuller

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. – Psalms 37:3-5

Het jy al ooit gevoel dat God iets groots gaan doen? Soms gee Hy ons ‘n kykie in wat Hy doen, maar meer dikwels wonder ons of Hy aan die werk is. Hoe moet ons reageer in die tye wanneer ons Hom sien werk?

Nehemia was ‘n Jood wat in Persië gewoon het. Na sewentig jaar van ballingskap kon die mense van Juda uiteindelik na hul vaderland terugkeer en die tempel en stad Jerusalem herbou. Nehemia het ongeveer ‘n eeu na die Jode se aanvanklike teruggekeer na Jerusalem toe, gelewe. Hy het as ‘n skinker vir die koning van Persië gewerk – ‘n baie belangrike en gerespekteerde posisie.

Nehemia het ook vir God geken en geweet wat God vir sy volk gedoen het. Hy het erken dat die volk van God wat na Jerusalem teruggekeer het, sonder beskerming was en dat die stadsmure herbou moes word. Gebroke oor die nood van God se volk – sy volk – het Nehemia tot God uitgeroep. Hy het God gevra om die hart van die koning van Persië aan te raak sodat hy na Jerusalem kon gaan om sy volk te help om die muur te bou.

Nehemia het verstaan wat God Hom geroep het om te doen omdat Hy die herstellende karakter van God geken het. Hy het geglo dat God getrou is en namens sy volk sou optree. Hy het geweet dat God sy beloftes nakom en dat Hy sy belofte sou hou om die Jode te herstel.

Nehemia het nie gesit en wag dat God moet beweeg nie. Nehemia het gebid. Hy het planne gemaak en navorsing gedoen en toe het hy voor die koning verskyn. Toe Nehemia voel dat God aan die beweeg was, het hy ook beweeg.

Daar is omstandighede en seisoene wanneer God ons vra om op Hom te wag en daar is tye wat God ons vra om in geloof vorentoe te stap terwyl Hy in, deur en om ons beweeg. Nehemia kon op God gewag het om Jerusalem te herstel, maar hy het verstaan dat God hom vra om in geloof uit te tree, al het hy nie geweet wat die uitkoms sou wees nie. Toe hy voel hoe God beweeg en hom aanmoedig om op te tree, het hy gereageer.

Miskien het jy gesien hoe God beweeg op maniere wat jy nooit gedink het moontlik was nie en jy verwag dat Hy Homself op nuwe maniere aan jou sal openbaar. Miskien het jy gesien hoe Hy ‘n gebed begin beantwoord wat jy al jare lank gebid het. Of dalk voel jy, soos Nehemia, hoe Hy iets in jou hart roer en jou voorberei vir ‘n spesifieke roeping.

Ons dien ‘n God wat altyd namens sy mense sal optree en soms, in sy genade, laat Hy ons dalk weet wanneer Hy op die punt staan om iets groots in ons lewens te doen. Terwyl ons die Boek Nehemia bestudeer, laat ons waaksaam bly vir dít wat God in en om ons doen, want Hy is ‘n God wat altyd werk en wat altyd ten goede sal werk in die lewens van sy kinders. Mag ons Hom vertrou en verwag dat Hy sal optree terwyl ons ook in geloof en vrymoedigheid stap en sy beloftes glo.

Week 1 Uitdaging:

Nehemiah het baie uitdagings in die gesig gestaar toe hy voorberei het vir die werk wat God hom geroep het om te doen. Waartoe het God jou geroep om in hierdie seisoen te doen? Hoe is jy getrou aan die werk wat Hy vir jou gegee het? Hoe kan jy getrou bly en vir Hom werk selfs wanneer dinge moeilik is?

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse