Vertrou Wanneer Jy In Die Put Is

Die “put” is ‘n pad wat elke kind van God deurgaan, óf deur ons eie foute, óf as ‘n pad waardeur God ons neem om egtheid van geloof in ons te kweek en ons oë volkome op Hom te vestig. ‘n Kind van God word getoets en verlei in die “put” en dit is ‘n plek waar ons onsself waarlik sien vir wie ons is. Dit is ook ‘n tyd om te sien of ons steeds gehoorsaam sal wees aan die Woord van God wanneer ons die lewe se moeilike seisoene in die gesig staar.

Dit is nie ‘n maklike plek nie, maar dit is ‘n noodsaaklike plek waardeur elke kind van God gaan. Ons geloofsvader, Abraham het deur baie “putte” gegaan. Moses, die lydsaamste man, het deur 40 jare in die wildernis gegaan. Josef is deur sy broers verkoop en sy naam is in Egipte beswadder. Ester en haar mense sou uitgewis word. Die lys gaan aan en aan.

Die “put” is ‘n pad, ‘n seisoen waardeur God se kinders moet gaan om ons te leer hoe om God se Woord in alles seisoene te behou en te gehoorsaam. Dit is ‘n donker en droë plek wat ons leer om op God as ons Lig en Lewe staat te maak.

Indien jy deur jou eie “put” seisoen gaan, hou moed! Jy is nie alleen nie en hierdie seisoen sal nie vir ewig aanhou nie. Wat moet ons gesindheid in die “put” wees? Hoe moet ons optree?

Ons moet God heelhartig vertrou! Ja! Om die “put”  te oorleef, moet jou oë slegs op God staatmaak. Toe Abraham sy oë van God af weggeneem het, het hy sy gemak, veiligheid en reputasie die prioriteit gemaak en foute begaan. Toe Josef die Farao se dienskneg gevra het om hom te onthou, is hy vergeet totdat God die Farao twee jaar later ‘n droom gegee het. In die “put” moet ons op God en God alleen staatmaak.

Net soos Jona, moet ons enigste reaksie in die “put” van die lewe wees om na die Here alleen uit te roep. Vertrou Hom genoeg om Hom jou enigste bron van troos en hulp te maak. Hy is nie ‘n afwesige Vader of ‘n vriend wat sal lag vir jou ongunstige omstandighede of jou sal beripse omdat jy die verkeerde keuses gemaak het nie.

Nee! Hy antwoord die uitroepe van sy kinders. Hy is naby dié wat in pyn is.

Die lewe is gevul met “put” seisoene. Die enigste oplossing en hulp is om by die voete van ons Vader neer te kniel, om vir hulp te vra, om uit te roep vir verlossing en om te vertrou dat Hy jou hoor en jou te hulp sal kom. Jy is in veilige hande.

God het jou lief.

 

 

 

 

Ebos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs