Van isolasie tot gemeenskap

Van isolasie tot gemeenskap

Cristin Tippin

Tydens die afgelope drie jaar het ek en my man sekerlik deur van die moeilikste jare of seisoene van ons lewens gegaan. Drie jaar gelede het ek en my man begin probeer om ons gesin uit te brei. Wat begin het as ’n prettige, opwindende en boverwagte seisoen van vreugde, het vinnig omgekeer in ’n moeilike pad gevul met hartseer, eensaamheid, spanning en teleurstelling.

Vir byna die eerste jaar van ons onvrugbaarheidsreis het ons kerk bygewoon, maar het nie in ’n plaaslike kerkgemeenskap belê nie. Ons het hoofsaaklik ons lyding vir onsself gehou en op mekaar staatgemaak om daardeur te kom. Daardie jaar was merkbaar een van isolasie, worsteling met twyfel in my geloof en skaamte omdat ek dit nie “alles met vreugde beskou” (Jakobus 1:1) het te midde van ons beproewinge nie.

Tydens die eerste jaar het ons lede van ’n plaaslike kerkgemeenskap geword en was sterk aangemoedig om aan te sluit by na wat hul verwys het as ‘n “gemeenskapsgroep” met die doel om geken, geliefd, versorg, aangemoedig en uitgedaag te word om meer soos Christus te word. Ons het huiwerig aangesluit. Nie omdat ons geglo het dat daardie doelwitte sleg was nie, maar omdat ons geïntimideer gevoel het, deur die kwesbaarheid om ten volle deur ander geken en uitgedaag te word. Maar wetend dat God ons roep om in gemeenskap met ander gelowiges te leef, het ons besluit om aan te sluit.

Met verloop van tyd het God deur ons gemeenskap, in Sy goedheid, Sy genade, barmhartigheid, vrygewigheid en voorsiening aan ons bewys. Ons het nou vriende in ons plaaslike kerk gehad wat nie net geweet het van ons stryd met onvrugbaarheid nie, maar saam met ons die pad gestap het. En ons het nie eers geweet hoe nodig ons hulle gehad het nie.

Ons gemeenskap het volhard om vir ons te bid toe ek nie die krag gehad het om aan te hou bid nie. Hulle het ons gehelp om die gesondheid van ons huwelik ’n prioriteit te hou te midde van stresvolle toetse en behandelings. Hulle het op ons swaarste dae etes na ons huis gestuur. Hulle het ons gehelp om moeilike besluite te verwerk terwyl ons daarna gestreef het om getrou aan God te wees in elke tree wat ons geneem het. Hulle het saam met ons getreur, saam met ons fees gevier en getrou saam met ons gestap.

Ons seisoen van isolasie het een gevul met ryk gemeenskap geword. ’n Seisoen waar die liggaam van Christus as Sy hande en voete vir ons opgetree het. God het Sy liefde en sorg vir ons bewys deur die gemeenskap wat ons in die plaaslike kerk gehad het. Soos ons vergader het en ons lewens met mekaar gedeel het was God se teenwoordigheid so sigbaar. Hy was beslis saam met ons.

Week 3 Uitdaging:

Wees hierdie week doelgerig en nooi jou kleingroep na jou huis toe om ‘n maaltyd te deel en bemoedig hulle terwyl hulle in jou huis is. As jy nog nie ‘n kleingroep het nie, nooi ‘n paar nuwe vriende na jou huis om hulle beter te leer ken. Soek manière om hulle met God se Woord aan te moedig terwyl jy ook kyk of daar ‘n geleentheid is om hulle te dien of te help om in ‘n behoefte te voorsien.

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse