Van die Begin Af

 

 

Wanneer ons Genesis 4:23 lees, sien ons hoe die geskiedenis homself ongelukkig herhaal in ‘n afstammeling van Kain. Dit het my hart gebreek om dit te lees. Die mensdom het nog nie lank bestaan nie, en euwel het reeds begin om in ‘n gesin te vermenigvuldig. Toe ek egter in vers 26 lees dat in ‘n ander gesin, dié van Set, goedheid en geregtigheid begin vermenigvuldig het, het hoop in my hart begin opvlam.

Van die begin af was God daartoe verbind om die mensdom na Hom toe te laat terugkeer.

Dít is hoop waarop ek kan reken!

Psalm 150 moedig my geloof méér as enigiets anders aan, en ek hoop dat dit dieselfde vir jou sal doen. Ongeag die heerskappy van die bose en pyn, ongeag dit lyk of die duiwel en euwel God se wonderlike skepping bederf en vir jou en my baie vervolging bring, sal ons God steeds prys. Hoekom? Sy planne vir die mensdom, vir jou en vir my, het nog nooit misluk nie en kan ook nie in ons tyd misluk nie. ‘n Dag sal kom dat die ganse skepping, sy kinders wat gered is, by God in die hemel sal aansluit en Hom tot in alle ewigheid sal loof en loof en loof. Psalm 150 sal dan daagliks plaasvind. Alles wat asem het, sal die Here loof.

Loof Hom op hiérdie oomblik, vandag, waar jou ookal is en waar jy ookal gaan. Sluit by die Psalmskrywer aan in hierdie wonderlike loflied, want ons God verdien dit. Hy het sy Seun op presies die regte tyd gestuur om die wêreld te red. Van die begin van die tyd af het Hy dit beplan en toe dit net reg was, het daar redding vir die mensdom gekom.

Sy grootheid is buitengewoon, sy kreatiwiteit verstommend, sy krag oneindig, sy verlossing seker.

Dit is die God wat ek en jy dien. Dit is die God wat ek jou aanmoedig om te volg as jy Hom nog nie reeds volg nie. Buiten Hom en bo Hom is daar niks nie. Hy is God en jy en ek is vir Hom baie, baie belangrik.

Shalom van Nigerië,

Liewe Vader, ek prys U met alles wat ek het, vandag, môre en vir ewig, ongeag wat die lewe na my kant toe gooi. Ek sal U loof. In Jesus se naam.

Week 4 Uitdaging:

Ons word beveel om die Here te loof met alles wat ons het. Hierdie week, spandeer elke dag doelgerig tyd om God te loof. Loof Hom vir sy karakter, nie net vir wat Hy vir jou doen of gegee het nie. Hoe kan jy Hom hierdie week eer?

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse