Tuis met Christus

Tuis met Christus

Jayci Williams

Aan die einde van 2023 het ek begin dink en bid oor wat my woord vir 2024 moet wees, of dat die woord wat ek sou bid, die komende jaar sou kenmerk. God het ‘n eenvoudige woord in my gedagtes gebring: tuis. Tuis? God, wat wil U hê dat ek moet weet oor die woord tuis?

In hierdie lewe is ons nog nie heeltemal by ons tuiste nie. As gelowiges in Christus is ons vir God afgesonder, maar ons bly steeds in ‘n gebroke, gevalle wêreld totdat ons van hierdie lewe na die volgende aanbeweeg. Ons ware, ewige tuiste is met Jesus in die hemel.

Hoe kan ons leef in die realiteit van om in Christus, maar nog nie met Christus te wees nie? Persoonlik vra ek steeds vir God vir ‘n dieper begrip van daardie vraag. Wat ek weet is dat die gevoel van tuiste ‘n bewustheid van veiligheid en sekuriteit beteken. Daar is geen groter bewustheid van veiligheid en sekuriteit as om ‘n lewe te leef in gehoorsaamheid aan God se opdragte nie.

Vandag se Skrifgedeelte bemoedig gelowiges met praktiese maniere om aan hierdie kant van die ewigheid, tuis met Christus te wees. Dit kom deur te leef op grond van God se standaarde, nie die wêreld se standaarde nie. Verse 14-15 sê: “as gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.”

In ‘n seisoen van rebellie teen God tydens my hoërskooljare, het ek gesoek vir veiligheid en sekuriteit in alles, behalwe in Hom. Ek het partytjies, alkohol, seuns en my reputasie nagejaag. Wat ek in al hierdie dinge gevind het was ‘n diep gat en ek het na meer bly soek. Ek is met ‘n gevoel van onveiligheid en geen sekuriteit gelaat.

Sonder Christus soek ons vlees vir passie in onheilige dinge. Sonder Christus leef ons onbewus van God en sy Woord. Wanneer Christus egter in ons harte inkom, open Hy ons oë om daardie wêreldse passies te sien vir wat dit werklik is – sonder hoop en betekenisloos. Met daardie nuwe lens om die wêreld te sien, gee Hy ons ook nuwe begeertes en passies om Hom en sy weë te volg. Dit is waartoe Petrus die gelowiges toe geroep het en vandag ook roep.

Ek word herinner aan Romeine 12:2 wat sê: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” Wat beteken dit om ons denke te vernuwe? Dit is ‘n daaglikse, somtyds oomblik vir oomblik, toewyding aan God en sy Woord. Dit is om nee te sê vir die begeertes van ons vlees, die dinge wat ons dink, sê of doen wat nie in lyn is met God se Woord en sy weë nie en om sy geregtigheid na te streef. Ek het gevind dat om die Bybel te lees, die Skrif te memoriseer, te bid en in my joernaal te skryf, ‘n paar maniere is hoe ek in die Here kan bly.

Die roeping tot heiligheid kan met tye oorweldigend klink. Die goeie nuus is dat nie ten volle van ons afhang nie. God belowe om ons heilig te maak, om ons meer soos Christus te maak, soos ons met Hom deur die lewe wandel. Ons speel egter ‘n aktiewe rol deur gehoorsaam te wees aan wat Hy van ons vra. Dit beteken nie dat ons nooit weer sal sondig nie. Ons is konstant in konflik met ons ou, vleeslike passies en ons nuwe hemelse begeertes. Met God se hulp kan ons Hom kies bo die dinge van die wêreld, wat ons sal toelaat om ‘n lewe van heiligheid te leef.

Hoe kan ons aan hierdie kant van die ewigheid tuis ervaar? Deur te onthou dat hierdie wêreld nie ons ewige tuiste is nie. Ons het ‘n Vader in die hemel wat ons gered het deur Christus na die kruis te stuur om vir ons sondes te betaal, wat daagliks met ons wandel deur sy Gees en wat daarna smag dat ons na aan Hom sal wees. Ons het nou ‘n voorsmaak van ‘n veilige en sekuur tuiste met ons, so laat ons in daardie realiteit leef deur gehoorsame kinders te wees wat bly met hul Vader.

 

 

Jayci

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse