Stop en reflekteer

Stop en reflekteer

Mary Leslie Racine

Ek kan my nie indink hoe dit moes wees om hierdie toneel in persoon te aanskou nie. Hier het jy die enigste Seun van God wat op ‘n donkie ry. Ek is gaande oor die reaksie van die mense. Eers sit hulle van hul klere op die donkie, en daarna gooi hulle hul klere op die pad neer. Uit ons hedendaagse ervarings maak hierdie nie veel sin nie, maar in daardie tyd was dit ’n teken van respek en nederige aanbidding. Ek moes stilstaan en myself afvra: “Is dit my hart se gesindheid teenoor die Seun van God? Lê ek dinge in my eie lewe neer uit respek vir en aanbidding van Hom?”

Die volgende ding wat ons die dissipels sien doen is werklik aangrypend. Die Bybel sê: “Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het.” (Luk. 19:37). Hulle het Hom onbeskaamd aanbid. In hul gedagtes het hulle al die wonderlike dade wat hul Jesus sien doen het, herroep. Vanselfsprekend was hulle enigste reaksie daarop om hulself in Hom te verheug en Hom vir sy wonderdade dade te loof.

Hulle het Hom nie net stilweg of in ‘n gedempte toon geprys nie. Nee, hulle het met harde stemme lofprysinge uitgeroep. Daar is ‘n paar dinge wat hier vir my uitstaan. Die eerste is dat hulle as individue onthou het wat Jesus gedoen het. Daar is soveel wat elkeen van ons Jesus sien doen het in ons eie lewens, in die lewens van die mense rondom ons, in ons stede, in ons land en in die wêreld. Stop ons en herken ons die dinge wat Jesus reeds gedoen het of besig is om te doen?

Wat is my reaksie wanneer ek aan alles dink wat Hy reeds gedoen het? Is dit aanbidding? As ek eerlik sou wees, neem ek nie gereeld genoeg tyd om stil te staan en die dinge wat Jesus in my lewe, of in die wêreld rondom my doen, raak te sien nie. Tot my skaamte, wanneer ek dit wel raaksien, is my reaksie dikwels slegs ‘n vinnige “dankie” of, nog erger, geen reaksie nie. Ek let ook op dat ek dikwels sy groot dade in my lewe onthou, maar dan net aangaan met my lewe asof dit nie belangrik is nie.

Die tweede ding wat uitstaan, is dat hulle aanbid het soos wat hulle Jesus saam met hulle sien doen het. Hulle het Hom almal saam aanbid. Ek moet myself die vraag afvra: aanbid ek in samesyn met ander oor die dinge wat ek Jesus in my lewe sien doen het? Deel ek daardie dinge met ander mense en aanbid Hom dan saam met ander oor daardie dinge?

Gedurende hierdie seisoen is daar baie fokus op die grootste werk van Jesus: sy dood aan die kruis vir my sonde; Hy word begrawe en dan weer opgewek uit die dode. Die vraag is: neem ek die tyd om daaroor na te dink en regtig te besef wat Jesus alles vir my gedoen het? Stop ek en aanbid ek alleen en ook saam met ‘n gemeenskap van gelowiges? Mag ons gedurende hierdie seisoen stop, dink aan die magtige werke wat ons gesien het, en ons daarin verheug.

Week 6 Uitdaging:

Terwyl jy voorberei om die opstanding van Christus te vier, dink na oor al die maniere waarop Hy jou lewe verlos het. Neem ‘n notaboek of joernaal en skryf deur die week hierdie dinge neer soos dit by jou opkom. Neem tyd op die Paassondag om God te loof en te dank vir sy ongelooflike verlossing in jou lewe, nie net van sonde nie, maar in al hierdie areas wat jy neergeskryf het.

Week 6 Leesplan:

Week 6 Memoriseervers:

Mary Leslie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse