Soek Christus en vind Hom

Soek Christus en vind Hom

Lyli Dunbar

In sy noemenswaardige boek Mere Christianity, het die teoloog C.S. Lewis gesê: “Soek jouself en jy sal op die lange duur net haat, eensaamheid, wanhoop, woede, ondergang en verval vind. Soek vir Christus en jy sal Hom vind en saam met Hom, alles anders.”

Jesus is die Seun van God wat gekom het om ons van sonde en veroordeling te red. Hy het ‘n sondelose lewe gelei en gesterf om vir die sonde van die mensdom te betaal. Hy is aan die kruis opgelig sodat die hele wêreld vrede met God kon vind. Toe ons Verlosser op die derde dag uit die graf opgestaan het, was die dood oorwin. Dit is die lewensveranderende boodskap van die evangelie. Diegene wat na Christus kyk en bely dat Hy die Here is, het geen gebrek aan goeie dinge nie.

Die apostel Johannes skets vir ons ‘n prentjie van hoe mense na Jesus gesoek het in die dae van Lasarus se opstanding. Sommige mense het die wonderbaarlike tekens van ‘n Verlosser gesien en geglo. Ander was verblind deur trots en ambisie.

Ironies genoeg het God ‘n siniese man gebruik wat verkeerd verstaan het wie Jesus is om te help om sy goddelike boodskap oor te dra. Kajafas het sy slegte bedoelings om te sien hoe Jesus vermoor word gekommunikeer, maar die Heilige Gees het hom as ‘n spreekbuis gebruik om God se plan vir ons verlossing te ontvou. Hierdie ongelowige man het die evangeliewaarheid voorspel: Jesus gaan sterf, nie net vir die Joodse nasie nie, maar vir die hele mensdom. Hy sou sy lewe opofferend aflê om ons ewige bestemming te verseker.

Die owerpriesters en Fariseërs was meer geїnteresseerd daarin om hulle politieke mag te verseker as om God se gawe van verlossing te ontvang. Hulle het na ambisie gekyk en die Gesalfde Een gemis. In plaas daarvan om die hele wêreld te wen, het hulle hul siele verloor. Wanneer ons na Jesus kyk verloor ons dalk wat ons die meeste op aarde waardeer, maar ons kry ‘n ewige erfenis.

Niemand het meer vir homself omgesien as die valse dissipel nie. Judas het gemaak of hy Jesus volg, maar in plaas daarvan het hy sy hebsug gedien. Hy was geїntereseerd in die rykdom wat hy by Jesus kon verkry, maar hy kon nie sien dat selfs geloof in Jesus die leegheid in sy siel kon vul nie. Wanneer ons na Jeus kyk, ervaar ons absolute vreugde in sy teenwoordigheid.

Die buitensporige offer wat Maria uitgegiet het om die voete van Jesus te salf, het gewys dat sy haar Verlosser wou eer met alles wat sy besit het. Haar uiting van toewyding was vir Judas skokkend omdat die duur aromatiese olie wat sy gebruik het gelykstaande was aan ‘n jaar se salaris. Hierdie vrou het niks van Jesus af teruggehou nie. Deur haar alles aan die Verlosser oor te gee, het sy meer gekry as wat sy kon vra, soek of haar kon indink. 

Wanneer ons met oorgegewe harte na Jesus kyk vind ons verlossing. Ons ervaar vrede met God. Ons Verlosser word ons skat en niks in hierdie wêreld kan ons vreugde wegneem nie.

Vriend, jy het na Jesus gekyk. Jy weet Hy is God en Hy het jou opgehef om ‘n getransformeerde lewe te lei. Enige plek waar God jou vandag lei sal jy die soet geur van verlossing saam met jou dra. Mag jou liefde en aanbidding vir jou Verlosser elke vertrek wat jy binnegaan deurdring. 

In die dae voor die Pasga het soekers na Jesus in die tempelhowe gesoek. Hulle het vir mekaar gevra: “Wat dink julle?” en het gewonder of hulle Hom sou kry. Dieselfde geld vandag. Waar ons ook al gaan, verkeer ons saam met mense wat van Jesus gehoor het en hulle wil meer weet.

Vandag het jy Goeie Nuus om te deel. Jy kan vir ‘n persoon sonder hoop en ‘n hartgebroke sondaar vertel dat Christus names hulle gesterf het en weer opgestaan het om hulle te red. Sê vir hulle om na die kruis te kyk, want Christus se liefde verander alles.

Week 5 Uitdaging:

Neem tyd om na te dink oor die sewe aansprake van Jesus hierdie week. Is daar een wat veral by jou en waar jy in jou geloof is, aanklank vind? Spandeer tyd om te mediteer oor hierdie aspek van wie Jesus is en werk daaraan om hierdie sewe aanprake van Jesus te memoriseer.

Week 5 Leesplan:

Week 5 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse