Sien die Lewe Deur God se Lens

Terwyl ek ons verse vir vandag gelees het, het lof in my hart opgewel teenoor ons Rots en God, wat standvastig is in wie Hy is. Voor die wêreld, aan die begin, was Hy dieselfde. Dwarsdeur die Skrif verander Hy nooit nie. Selfs vandag is Hy wie Hy is.

Neem nou net ‘n paar oomblikke en prys die naam van ons Groot Rots. Dit is as gevolg van sy standvastigheid dat ek en jy kan lewe, asemhaal en bestaan.

Hoekom Ons Kan Vertrou

Om te verstaan dat God se karakter nooit verander nie, is die grondslag om meer oor sy regverdige weë te leer. God se geregtigheid hou alle dinge bymekaar. Dit lyk dalk nie so nie, maar dit is sy geregtigheid wat gekeer het dat die wêreld op homself ineenstort. Dit is sy geregtigheid wat mense ‘n baie lang tyd gee om te bekeer en van boosheid na geregtigheid te draai. Dit is sy geregtigheid wat nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie, maar dat almal tot kennis van sy Seun moet kom (2 Petrus 3:9). Sy geregtigheid is nie gebaseer op wat ons kan sien nie, maar sy geregtigheid gee uitspraak deur na die geheelbeeld te kyk. Daarom is alles wat Hy doen uit groot wysheid en insig. Dit is hoekom ons sy oordele kan vertrou.

God se karakter is konsekwent. Sy geregtigheid is nie bevooroordeeld of gebaseer op sentimente nie. Sy geregtigheid is ten goede. Daar sal dae wees wat ons nie sal verstaan wat Hy doen nie, maar ons kan dit vertrou, want Hy is betroubaar. Sy optrede is altyd ten goede van sy kinders.

Hoe Ons Kan Vertrou

Ek weet nie waar jy nou in die lewe is nie. As jy soos ek is, was daar oomblikke wat ek vir God gesê het dat Hy nie nie regverdig was nie. Ek het nie verstaan waardeur ek gaan en wat Hy doen nie. Sy optrede het nie vir my regverdig gelyk nie. Sy oordeel het gevoel asof Hy teen my was. As ek terugkyk, het ek besef dat ek deur my pyn en situasie na die lewe gekyk het en nie soos God dit sien nie. Toe Hy my oë oopmaak om deur sy perspektief te sien, het ek baie dwaas gevoel, en ek moes my bekeer. Ek het besef dat alles wat Hy doen vir my en dié wat betrokke was, se beswil was.

Nou bid ek doelbewus en kies om deur sy oë te sien. Wanneer ek my laat lei deur sy Gees, kan ek sy optrede vertrou. Ek verstaan dit dalk nie alles nie, maar die wete dat Hy regverdig is, gee vir my vrede in my hart.

Hy kan vertrou word.

Liewe Vader, leer ons asseblief om die lewe deur u lens te sien, sodat ons harte vrede kan hê. Amen.

Ebos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs