Groot Lydensweek Dag 1: Prys Hom in die Hoogste Hemel

Ons is opgewonde om vandag met ons Groot Lydensweek reeks te begin!

Vir die volgende agt dae, sal ons elke dag ‘n Skrifgedeelte uit Matteus lees. Ons sal nadink oor die goedheid van God, die grootsheid van Jesus se opoffering en die hoop wat ons het as gevolg van sy opstanding!

Vandag gaan ons Matteus 21:1-17 lees. Hierdie gedeelte verduidelik volgens Matteus wat die Sondag voor Jesus se dood gebeur het. Ons noem hierdie dag nou Palm Sondag.

Vandag se gekose verse is Matteus 21:1-17, met Matteus 21:9 as ons SOAP-vers:

Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep:

“Prys die Seun van Dawid!

Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!

Prys Hom in die hoogste hemel!”

Toe Maria by haar niggie Elisabet was toe Johannes die Doper gebore is, het sy die Here geloof, beide vir Johannes se geboorte en vir die lewe van die Verlosser waarmee sy swanger was. Maria se lied weerspieël dieselfde temas as Psalm 118, en wys die karakter van God en sy magtige hand, die hand wat sy mense van verdrukking red en die magtige tot ‘n val bring.

Toe Jesus Jerusalem op ‘n donkie binnegegaan het, het die mense Hom geprys. Hulle lofprysings was uitroepe vir bevryding van hulle verdrukkers. Wat hulle uitgeroep het, was ‘n aanhaling uit Psalm 118. Psalm 118 is een van die Hallel Psalms, liedere wat tydens die Paasfeesvieringe gesing is om God se mense te herinner aan hul verlossing van slawerny uit Egipte.

Die mense was desperaat vir ‘n Verlosser. Baie het Jesus herken as hulle beloofde Messias, maar hulle het nie sy doel ten volle verstaan nie. Hulle het geglo dat Jesus hul verdrukkers sou verslaan en hulle red van skade. Hulle het verwag dat Hy sal oorneem as die koning van Israel.

Hulle wou dieselfde poitieke vryheid hê wat hulle ontvang het toe God hulle gered het uit slawerny van die Egiptenare.

Alhoewel die skare slegs dae later hulle rûe op Hom gedraai het, het dit nie sy planne gedwarsboom nie. Jesus het ‘n nuwe koninkryk gevestig. Hy het vryheid van verdrukking gebring. Deur sy dood en opstanding het Hy ons gered van die slawerny van sonde. Wanneer Jesus terugkeer, sal Hy sy koninkryk op aarde vestig. Ons kan Hom vandag prys, want Hy het ons vrede gegee!

Sluit hierdie week by ons aan soos ons voortgaan om oor die gebeure van Jesus se lewe, sterwe en opstanding na te dink. Soos ons ons harte vir Paasfees voorberei, word ons elke dag aan ons Verlosser herinner wanneer ons sy Woord lees en dit oordink.

Hoe kan jy hierdie week tyd opsy sit om na te dink oor Jesus se dood en opstanding? Begin deur Hom te prys vir sy liefde vir jou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse