Preek Vrede

Preek Vrede

Lyli Dunbar

My man het ‘n gewoonte om sy selfoon in die kar te los en dan mis hy belangrike oproepe. Tydens ‘n onlangse vakansie was ek egter baie dankbaar vir sy vergeetagtigheid, want dit het daartoe gelei dat ons nie ‘n oproep van ‘n persoon wat baie kwaad was beantwoord het nie. Na ons stoppie vir middagete het ons in die voorste sitplekke van ons motor gesit en in uiterste skok geluister na die boodskap wat op die antwoordmasjien gelaat is en wat vol verdoemenis was. Ek was baie hartseer om te besef dat iemand vir wie ons so lief is, met soveel haat gevul kon wees.

Ons vreedsame vakansie was besig om van koers af te gaan in ‘n put van wanhoop in, dus het ons net daar gestop om te bid en God te vra om ons te help om ontslae te raak van enige gevoelens van bitterheid en om ons te help om met genade teenoor ons geliefde te reageer. Net Jesus kan die innerlike vrede wat hierdie wêreld van ons wil steel, herstel.

Die vyand van ons siele werk baie hard om ons te kry om mekaar te haat. Ons teenstander hou daarvan om ‘n wig tussen ons te dryf en ons kwaad vir mekaar te maak. As ons bewus is van sy skelm planne om konflik te skep, kan ons onsself bewapen met God se vrede en kan ons help om versoening te bring.

Wanneer ek ookal voel of ek deur iemand anders se woorde of aksies aangeval word, troos dit my om te dink hoeveel vyandigheid Jesus tydens sy bediening op aarde ondervind het. Ons Verlosser was verkeerd verstaan, valslik beskuldig, en verneder. Jesus het verstaan wat sy hoër roeping was en Hy het nooit geweifel nie. Hy het gekom om vir sondaars te sterf en sy offer aan die kruis maak ons vrede moontlik.

Dink aan Jesus wat met sy arms uitgestrek, na asem snak aan ‘n wrede kruis. Hy is gebreek en geslaan om vir jou onwrikbare vrede te bring. Enige hindernis wat tussen jou en God se vrede gestaan het, het ineengetuimel op die dag wat jy na Jesus gekyk het en jou geloof in Hom geplaas het vir die vergifnis van jou sonde. Maak nie saak hoe baie jy gesondig het nie, jy kan nou na Jesus kyk, jou verlede bely en heelgemaak word. Die opgestane Christus wat in jou leef, sal jou vrede beskerm wanneer jy jou vertroue in Hom plaas.

Jesus het gekom om vrede te bring aan mense wat vol trots en mense wat versonke is. Niemand staan te ver weg van sy liefde af nie. Hy streef sonder ophou na diegene wat deur die wêreld eenkant gestoot is, nooi ons in sy genade in en bring ons nader. Elke siel wat oorgee aan Jesus word verwelkom in sy familie in en ontvang sy vrede. Die enigste hindernis wat tussen jou en vrede staan, is jou ongeloof.

Wanneer ons Christus vertrou, word ons verander in ‘n nuwe skepping wat onder die vaandel van geloof verenig is. Haat en vrees rig nie meer ons gedagtes nie. Ons is gevul met sy vrede en word gelei deur sy opofferende liefde. Self al is die wêreld rondom ons gevul met konflik, kan ons ons onrus vir kalmte verruil wanneer ons die teenwoordigheid van die Vredevors ervaar.

Die bloed van Jesus het die weg vir ons almal gebaan om nie net vrede met God te hê nie, maar ook om sy vrede na ander toe uit te reik. In plaas daarvan om woedende mense as ons vyande te sien, kan ons die voorbeeld van Jesus volg en vrede verkondig aan dié wat steeds verlore is in die donkerte van sonde. Ons kan hulle na Jesus wys en hulle vertel van die Goeie Boodskap van verlossing.

In ‘n wêreld wat met haat gevul is, is ons hier om te verkondig dat Jesus ons vrede is. Onthou, al die woedende mense wat jy sal ontmoet is ver van die Here af en benodig God se vergifnis. Mag God ons help om met die regte boodskap te reageer en help om hulle nader te bring.

Lyli

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse