Opheffende Vriendskappe

Opheffende Vriendskappe

Ek het die telefoon neergesit en swaarmoedig gevoel. Die gesprek het ’n negatiewe wending geneem, en nou wens ek dat ek net die oproep na my stempos laat gaan het. Hierdie vriendskap was jare lank vir my ’n bron van vreugde en aanmoediging, maar in die laaste tyd raak ek verdedigend elke keer wanneer ek met hierdie persoon kommunikeer, omdat sy nie saamstem met iets wat ek gesê het nie. Ander kere het ek ineengekrimp as sy ‘n sappige skinderstorie vertel waarvan ek regtig nie moes geweet nie. Eerlikwaar, die vriendskap het regtig lelik en ongemaklik geword. Ek het gewens ek kon net teruggaan na die dag toe ons mekaar ontmoet het en op die een of ander manier op die uitwis-knoppie druk om my gedagtes van al die lelikhede skoon te maak.

Die vyand van ons siel hou daarvan om onenigheid te skep, en die vorming van valse vriendskappe is een van die grootste maniere wat hy gebruik om ons vas te hou in ’n greep van sondige denke. ’n Gesprek wat ek onlangs met my predikant gehad het, het werklik gehelp om lig te werp op hierdie feit in my lewe en een sin wat hy gedeel het, het my geweldig gehelp.

Hy het sagkens waarheid gespreek oor my ontstelde gees en gesê: ‘Lyli, jy moet ophou om tyd saam met ongesonde mense deur te bring, en vriendskappe ontwikkel wat jou ophef.’ Die beeld van ’n vriend wat langs my stap, teen ’n heuwel op, op weg na bo, teen die gety van onverskilligheid en in die rigting van ‘n heilig lewe, het my denke verander. Dit is waar, God het my geroep om almal lief te hê, maar dit beteken nie dat ek die intieme besonderhede van my lewe met sommer enige persoon moet deel nie. Ek wil noue vriendskappe hê met vroue wat ten volle aan Christus oorgegee is.

Hoe onderskei ons dus tussen ‘n valse vriend met ‘n ongesonde invloed en ’n Christus gevulde vriend wat ophef?

  • ’n Ongesonde persoon hou wrokke en skinder (Spreuke 17:9). ’n Opheffende vriend vergewe en handhaaf diskresie (1 Petrus 4:8).
  • ’n Ongesonde persoon skep onenigheid uit ’n selfsugtige hart (Romeine 16:17-18). ’n Opheffende vriend praat die waarheid in liefde met ’n barmhartige hart (Efesiërs 5:25-32).
  • ’n Ongesonde persoon is trots en het nie selfbeheersing nie (2 Timoteus 3:2-5). ’n Opheffende vriend openbaar nederigheid en geduld (Efesiërs 4:2).

Wanneer ons kosbare tyd in ongesonde, valse vriendskappe belê, kan dit ons geestelike groei belemmer en ons in ’n kringloop van sonde vashou. Mag God ons die moed gee om onsself nie meer besig te hou met negatiewe invloede in ons lewens nie en eerder bemoedigende vriendskappe met opheffende susters in Christus te ontwikkel. Ware vriende help om ons denke te verhoog en bring ons nader aan Jesus.

Week 4 Uitdaging:

Onderwyl ons probeer om Bybelse vriendskappe te ontwikkel en te bevorder, het ons ‘n wesenlike vyand wat ons werk wil vernietig. Geestelike oorlogvoering is werklik en ons moet waaksaam wees in ons verhoudings. Skryf hierdie week ‘n spesifieke gebedslys vir jou vriende en vra God om jou verhoudings en hulle s’n te beskerm teen geestelike aanvalle.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse