Groot Lydensweek Dag 5: Oorgegee

Vandag lees ons Matteus 26:17-75. Volgens Matteus verduidelik hierdie gedeelte wat plaasgevind het tydends die Paasmaaltyd en die nag toe Jesus gevange geneem is.

Die gekose Skrifgedeelte vir vandag is Matteus 26:36-46 met Matteus 26:42 as ons SOAP-verse.

‘n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê:

“My Vader, as hierdie lydensbeker nie by my kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, 

laat U wil geskied.”

Die angs wat Jesus in die tuin van Getsemane ervaar het, is bo enige iets wat ons menslike ervaring kan begryp. Hy was nie bang vir die fisiese lyding wat sou kom nie, maar vir die prys wat Hy sou betaal om die mensdom te verlos. Jesus was doodsbenoud vir die komende skeiding van God wat Hy tydelik sou ervaar. Alhoewel Hy beangs was, het Jesus sy wil aan sy Vader oorgegee. Dood aan ‘n kruis was die Romeine se mees skandelike en wreedaardigste dood. Jesus het groot pyn en lyding ervaar om ons lewe te gee.

As Christene verteenwoordig ons nie meer die wêreld of die wêreld se denke nie. In plaas daarvan verteenwoordig ons Christus en dit lei tot lyding. Dit is miskien nie fisiese lyding nie, maar ‘n geestelike lyding sal beslis kom in die stryd teen die vyand.

Om ‘n mens se kruis te dra en Christus te volg, sal met tye moeilik en pynlik wees. Ons hoop is dit: Ons vind lewe in Christus. Ons leef nie vir die hier en nou nie, maar vir die ewigheid. Ons moet besluit of ons vir die glorie van die wêreld of vir die glorie van ons God sal lewe. As Christus sy eie wil aan God s’n moes oorgee, moet ons beslis ons lewens, ons hoop, ons begeertes en ons planne aan die wil van God die Vader oorgee.

Tog, soos ons oorgee, kan ons die God wat ons dien, onthou. Hy is nie ‘n outoritêre krygsman nie, maar die almagtige Here van die leërskare wat veg vir geregtigheid en genade. Hy eis nie ons getrouheid soos ‘n diktator nie, maar Hy nooi ons eerder tot ‘n verhouding met Hom as ons Koning en Vader. Sy liefde noodsaak ons om Hom te dien en ons lewens aan Hom toe te vertrou.

Omdat Jesus die straf van sonde vir ons gedra het, hoef ons nooit ewige skeiding van God te ervaar as ons ons vertroue in Hom gestel het nie. Jesus het die dood verduur sodat ons lewe kan hê. Ons word gered deur sy genade. Hy het verduur wat ons verdien. Daar is oorvloed genade as gevolg van sy opoffering.

Deur geloof alleen kan ons God se gratis gawe van verlossing aanvaar. Hy bied dit aan ons sonder voorwaardes. Al wat ons moet doen is om dit te aanvarr en ons geloof in Hom te plaas. Deur te glo dat sy opoffering, sy straf, voldoende betaling vir ons sonde was, word ons verseël as Syne.

Deur genade alleen, deur geloof alleen en in Christus alleen word ons gered. Wie is Jesus? Hy is die Een wat bereid is om straf ter wille van ons te verduur.

Hoe vertroos die lyding van Christus jou? Wat vra God vandag van jou om aan Hom oor te gee?

*Uittreksels uit hierdie inhoud is oorspronklik gepubliseer in die NET ‘Love God Greatly Bible’ en is geskryf deur Charisse Hurtak. 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse