Onvolmaakte Geloof

Onvolmaakte Geloof

In die laerskool het ek ‘n gewoonte gehad om te sê dat ek die nuutste boek gelees het of dat ek die mees gewilde liedjie geken het, al was dit nie waar nie. Ek wou nie net inpas by my klasmaats en deel wees van hulle gesprekke nie, ek was vasbeslote om enige iets te doen om perfek te wees. Ek wou nie hê dat iemand moes dink dat ek onkundig was oor iets nie, ek wou nooit verkeerd wees nie en ek het alles gedoen wat ek kon om mense te behaag, sodat niemand ooit teleurgesteld in my moes wees nie.

Ek moet erken dat, as ‘n Christen het dit my ‘n lang tyd geneem om tot so mate in my geloof te groei dat ek besef dat God nie wag dat ek foute maak, sodat Hy my kan los nie. Alhoewel die masker van perfeksie my baie gehelp het in die sakewêreld en in my privaatlewe, het God geduldig vir my gewag om ten volle te begin wandel as die vrou wat Hy my geskape het om te wees – ‘n vrou wat nooit perfek sal wees nie, maar wat staatmaak op die Here om my krag te wees waar ek swak is.

Miskien is dit deel van die rede hoekom Abram en Sarai se verhaal my altyd so diep aanraak. Die skrywers van die Bybel kon maklik die moeilike, minder aantreklike dele van hul verhale oorgeslaan het en gefokus het op die hoogtepunte wat hulle volkome getrou laat lyk het. Maar sonder foute, sonder mislukkings sou ons nooit die pragtige plan van bevryding en verlossing wat God vir ons gebring het, nodig gehad het nie. Soos enige goeie verhaal, kan daar sonder enige konflik geen feesviering of resolusie wees nie. Sonder mislukking kan daar geen lesse geleer word op die weg na ware sukses nie.

Ons Skrifgedeelte van vandag dek die begin van Abram en Sarai se verhaal. Ons lees die familiegeskiedenis van Tera (Abram se vader), van die huwelik van Abram met Sarai, die reis van Tera, Abram, Sarai en Lot na Haran (op hul reis na Kanaän het hulle daar gaan woon), die roeping van Abram, en die belofte van God om hom ‘n groot nasie te maak, om aan sy nageslag ‘n land te gee, om hom te seën en ‘n man van groot betekenis te maak. Ons lees van ‘n tweede trek, hierdie keer na Kanaän, met Sarai, Lot en al die mense saam met hulle. Kanaän is die land wat God belowe het om aan Abram se nageslag te gee.

“God het aan Abram ‘n opdrag gegee wat uit een werkwoord bestaan, met vier aspekte daaraan verbonde. Abram moes gaan: uit sy land, weg van sy familie, uit sy vader se huis, NA ‘n land wat God gekies het. Gehoorsaamheid aan God beteken dikwels dat mens iets moet los om iets anders, wat selfs beter is, te ontvang.” (HCSB Studie Bybel)

“Abram het toe weggetrek…” (Genesis 12:4)

In watter area van jou lewe vra God van jou om iets wat goed en gemaklik is, te verlaat, sodat jy iets beter kan ontvang?

Is jy gewillig om die masker van volmaaktheid neer te lê en in te tree in onbekende, onvolmaakte geloof, sodat jy daardie volgende stap met Jesus kan neem? Soos ons in die volgende paar weke van Abram en Isak lees, bid ek dat jy bemoedig sal word en dat jy sal sien dat dít wat God in werking gestel het, nie deur ons onvolmaaktheid vertraag of vernietig kan word nie. Selfs wanneer ons geloof wankel, sal God die oorwinnaar wees. Selfs wanneer ons foute maak, sal God ons steeds innooi in die verhaal wat Hy skryf. Selfs wanneer ons ons eie weg kies of kies om in daardie gemaksone te bly, bly God getrou aan sy beloftes.

Om die waarheid te sê, jy het dalk in vandag se Skrifgedeeltes gesien dat Sarai se onvrugbaarheid twee maal genoem word. Dit lê die grondslag vir die groot wonderwerk wat God sou doen om haar swanger te laat word. Die areas waar ons die minste in staat voel om te doen wat God van ons vra, die dele van onsself wat ons “minder as” laat voel, die areas waar ons voel dat ons moet wegkruip – daardie areas mag presies wees waar God die helderste sal skyn.

Week 1 Uitdaging:

Skryf soveel beloftes van God as wat jy kan, neer. Let op die konteks van die belofte. Maak ‘n lys van die beloftes van God, aan wie dit gemaak is en of God die beloftes nagekom het of nie.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse