Ons Verwysingspunt van Hoop
Jenna Rea
Hoop op die Ewige Koninkryk
Ek het onlangs daaraan gedink hoe wonderlik dit is hoe om deel te wees van die liggaam van Christus deur die plaaslike kerk, een van die grootste gawes is wat Jesus vir ons gegee het. In die kerk vind ons gemeenskap, ondersteuning, bemoediging, heiligmaking en krag. Maar terwyl daar groot blydskap in gemeenskap is, is daar ook dikwels groot geween. Of dit nou is om saam met ‘n vriendin te sit wat met onvrugbaarheid sukkel, of om te hoor van die dood van ‘n getroue lidmaat, of om te bid vir sendelinge wat geweldige vervolging ervaar, of selfs as jy ander nodig het om jou te help om jou eie verlies te dra, is dit moeilik om te ontsnap van die gebrokenheid van hierdie wêreld. Selfs as ‘n Christen wat getrou saam met ander Christene stap en groei in jou liefde vir die Here, kan die lewe steeds so vermoeiend voel, en om op God te hoop kan na ‘n moeilike taak lyk.
Daniël 2 het my bemoedig te midde van my eie moegheid. Vir Daniël het die Babiloniese koninkryk moegheid, ongeregtigheid van bose reëls, sowel as oordeel en nederlaag vir die volk Israel as gevolg van hulle sonde verteenwoordig. Maar soos ons in Daniël 2:36-49 lees, sou die magtige koninkryk van Babilon nie die finale sê hê nie. Trouens, geen aardse koninkryk sal nie! Alle koninkryke, so kragtig en magtig as wat hulle mag lyk, sal tot ‘n einde gebring word deur God se ewige koninkryk. As jy in Christus is, dan sal die God van alle konings jou eendag in hierdie koninkryk verwelkom. Dit is ons ware en vaste hoop.
God se Koninkryk het gekom
Net soos God hierdie verborgenheid aangaande die Babiloniese koninkryk deur Daniël aan koning Nebukadnesar geopenbaar het (Daniël 2:47), openbaar God die verborgenhede van sy ewige koninkryk aan ons in Christus. Toe die Seun na die aarde toe gekom het, het Hy die koninkryk van God verkondig. Hy het die siekes genees, saam met uitgeworpenes geëet en mense van hulle sondes vergewe. Christus het gekom met gesag oor alle dinge, en “Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.” (Hebreërs 1:3b). Almal wat hulle geloof in Jesus plaas, het die vaste hoop om deel van sy koninkryk te wees, want hulle sal ook opgewek word (1 Tessalonisense 4:14). Kan jy glo? As jy jou geloof in Christus geplaas het vir die vergifnis van jou sondes, dan is dit God se belofte aan jou en aan almal wat geglo het! Ons liggame sal opgewek word, die gebrokenheid verlos word, en alle dinge sal reggemaak word.
Dikwels in my lewe voel gebeure en omstandighede oorweldigend en swaar. Ek verloor hoop vinniger as wat ek graag wil erken, en ek wonder waar God in alles is. Skrifgedeeltes soos dié wat ons vandag gelees het, herinner my daaraan dat Christus my verwysingspunt vir hoop is. Hy is die bewys dat God se koninkryk gekom het en eendag ten volle voltooi sal wees.
Maar hoe sal hierdie koninkryk wees? Openbaring 7:9-10 wys vir ons dat “Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: ‘Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!’” Kan jy jou dit voorstel? Geen dood meer nie, geen onreg meer, geen moegheid meer nie. Dit sal eerder ‘n volk wees wat lewend gemaak is, wat doen waarvoor hulle gemaak is, en God in een stem tot in alle ewigheid loof. Vriend, hou vas aan Christus, en Hy sal jou huis toe dra.
God, dankie vir die belofte van u ewige koninkryk. Ons loof U, want U is die God van alle konings. U heerskappy het geen einde nie. Sal U ons versterk dat ons kan hoop op hierdie ewige koninkryk? Rig ons oë op Jesus sodat ons met geloof kan volhard. Amen.