Ons Skild, Ons Skuiling en Ons Lied
Katie Scott
Een van die beste ou flieks van alles tye waarvan ek baie hou, is The Sound of Music – het jy dit gesien? (As jy soos ek is, hoeveel keer?)
Daar is ‘n fantastiese toneel wanneer die Von Trapp kinders in die aand een vir een kom om by hul goewernante Maria toevlug te soek terwyl ‘n storm buite woed. Hul vrees neem toe met elke slag en flits van die donder en weerlig, en Maria kom toe vorendag met ‘n wonderlike idee om hul benoudheid te kalmeer, hul gedagtes van die storm af te neem en hul gemoedere te lig! Hulle moet ‘n paar van hul gunsteling dinge onthou en daaroor sing.
Dit is ‘n lighartige analogie, maar die beginsel en praktyk van om te “sing in die storm” het in my gedagtes opgekom toe ek Psalm 18 gelees het. Die konteks word vir ons uiteengesit nog voordat ons Koning Dawid se lofpsalm lees – dit is deur hom geskryf en gesing toe die Here hom gered het van die krag van al sy vyande, insluitend Saul. Dit is ‘n wonderlike psalm waar wie God is en alles wat Hy gedoen het, gevier en verklaar word. Dawid erken dat sy krag en oorwinning alleenlik van God af kom, nie net in hierdie spesifieke situasie nie, maar in elke oomblik – in die verlede, die hede en in die toekoms.
Alhoewel hierdie psalm geskryf is om God te loof vir bevryding van die vyand en oorwinning in oorlog, kan ons, wanneer ons kyk na Dawid se lewe, sien dat hy gereeld voor uitdagings en opposisie te staan gekom het.
Van sy vroeë dae as ‘n jong skaapwagter, toe hy teen Goliat geveg het met sy slingervel en vyf klippes, na die stryd met Saul en al sy pogings om Dawid dood te maak, na die bedreiging van oorlog met die omliggende nasies, die rebellie en die verraad van sy eie seun, en sy eie morele mislukking in terme van sy sonde met Batseba.
Dawid was gewoond aan gevegte van binne en van buite.
Dit is vir ons so bemoedigend dat Dawid in staat was om te sing oor wie God is, ten spyte van sy huidige omstandighede of sy eie persoonlike worsteling met sonde. Dawid was seker van God se getrouheid en kon op Hom staatmaak as ‘n verbondshoudende God, maak nie saak wat gebeur het nie.
Kyk na ‘n paar van die wonderlike, kragtige name en beskrywings van God in Dawid se lofpsalm. Dit is steeds wie God vandag vir ons is!
Dankie Here. U is my…
Sterkte Rots
Skuilplek
Redder
Skild
Sterk Verlosser
Veilige Vesting
Die Een wat my hoor
Helper
Gee lig as dit donker is om my
Beskermer
Hallelujah!
Dawid het gejubel omdat sy regverdiging en oorwinning van God alleen gekom het. Dawid verwys verskeie kere in die psalm na God as sy skild.
Soos ons die wapenrusting bestudeer wat God aan sy mense gee (Efesiërs 6), lees ons dat een van die items wat ons moet opneem die skild van geloof is. Dit help dat ons ‘n fisiese beeld van daardie skild in ons gedagtes het. Die skild van ‘n Romeinse soldaat was nie ‘n dun stuk metaal wat so groot soos ‘n bord was nie. Dit was ‘n groot reghoekige houtskild, amper soos ‘n deur!
Dit was omtrent 1.2 meter hoog, bedek met leer en die soldaat sou dit voor die geveg in water geweek het sodat dit brandende pyle kon blus. Wat ‘n beeld van ondeurdringbare beskerming wanneer al die soldate skouer teen skouer gestaan het en hulle skilde ‘n muur gevorm het. Hierdie skilde kon hulle selfs van bo af beskerm wanneer sommige soldate dit bo hul koppe opgelig het.
As dit die beeld is wat ons het van menslike toerusting, hoeveel te meer versterk dit ons harte om te dink en te weet dat God self ons Skild, Skuilplek, Rots, Veilige Vesting en Beskermer is?
Wanneer ons Hom vertou vir verlossing, gee God die gawe van geloof, sodat ons vas kan staan op die evangelie om ons te beskerm van die leuens en aanvalle van Satan. Maak nie saak hoe erg die geveg is nie, of hoe intens die aanval mag voel nie, ons kan vertroue hê dat die vyand ons nie sal oorwin nie.
Neem vandag tyd om Romeine 8:31-39 te lees en word versterk en bemoedig, want geen gevaar of swaard, probleme, kommer of vervolging kan ons ooit skei van die liefde van God en die oorwinning wat ons in Jesus het nie. Ons kan in hierdie onwankelbare waarheid verheug!
As daar tye is wanneer jou geloof, soos myne, wankel, onthou: Ons is nie alleen in hierdie oorlog nie. Die Heilige Gees is met ons. Onthou julle ook daardie beeld van die soldate wat saamstaan met hul skilde wat ‘n muur vorm? Hoe belangrik, noodsaaklik en wat ‘n seën is dit nie vir ons om mede soldate van God se familie te hê wat saam met ons staan, ons aanspoor, ons geloof versterk, vir en saam met ons bid en ons na Jesus, die veroweraar wat die oorwinning behaal het, toe wys.
Dit is waarom ons saam met Dawid kan sing in die stryd en met vertroue kan proklameer:
“Wat God doen is volmaak; wat die Here sê is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy (v31).
Amen!
Ek staan vandag met jou, liewe vriend.