Ons God Wat Ons Opsoek – Inleiding

As ons na die wêreld om ons kyk vandag, weet ons dat dinge nie is soos dit veronderstel is om te wees nie. Dit voel asof die kultuur waarin ons leef verder van God weg beweeg. Kwaad floreer en daar is ‘n gebrek aan geregtigheid teen sonde. Die volk Israel het hulself in ‘n soortgelyke situasie bevind: soms aan die hand van ander nasies en ander kere as gevolg van hulle eie toedoen.

Wyl ons wonder wanneer dinge gaan reg kom, herinner God se Woord ons daaraan dat dit nie die einde van die verhaal is nie. God is aan die werk, of ons dit kan sien of nie. Ons kan hoop hê vir vandag, wetende dat ons nie verlate of vergete is nie. God se Woord nooi ons uit en lei ons om Hom met ons dae te vertrou.

‘n Belangrike deel van God se Woord wat ons lei, is in die klein profete opgeteken, “klein” verwys na die lengte van die boek en nie hul belangrikheid nie. Ons gaan deur vyf van die twaalf klein profete lees: Joël, Jona, Miga, Haggai en Maleagi.

Die boeke van die klein profete dek die tydperk voor, tydens en na die Babiloniese ballingskap. Die volk Israel het in twee koninkryke verdeel, Israel en Juda. Die mense het God herhaaldelik verwerp en hulle tot valse gode gewend. God het telkens boodskappers, of profete, gestuur om die volk terug te roep na ‘n regte verhouding met Hom. Die profete het die volk gewaarsku omtrent die komende oordeel oor hul sonde en die sonde van die nasies wat Hy gebruik het om hulle te straf.

Alhoewel hierdie boodskappe van oordeel soms moeilik is om te lees, bied God ook boodskappe van hoop. God het belowe dat sy liefde nooit sal kwyn nie en dat Hy die getroues sal bewaar. Hy het nooit opgehou om bemoeienis met sy volk te maak nie. Dit was nie as gevolg van enige verdienste aan Israel se kant nie, maar eerder as gevolg van God se getrouheid.

Dieselfde is waar in ons eie lewens. God streef na ons met ‘n ewige liefde. Maak nie saak wat jy gedoen het of waar jy jouself bevind nie, jy is nooit te ver van die opsoekende liefde van God nie. Hy wil net ons harte hê. Sy genade, of onverdiende guns, is daar vir ons deur Jesus se volmaakte lewe, offer en opstanding.

Mag hierdie studie jou hoop gee dat God net so toegewyd is aan die behoud van sy mense as wat Hy is aan die lewering van geregtigheid teenoor die kwaad. Vanuit daardie hoop, mag jy sien dat ‘n lewe toegewyd aan God en Jesus groter is as enigiets wat hierdie wêreld kan bied. Mag die woorde van die klein profete jou hart bemoedig om nader aan Christus te wees, vertrouend op sy reddende genade en mag jy kies om dapper ‘n lewe van gehoorsaamheid te lei. En, wanneer die lewe moeilik raak en dinge buite beheer lyk, kan ons vertrou dat God nooit faal nie. Hy is soewerein in beheer en sal eendag alles nuut maak.

Maak nie saak wat jy gedoen het of waar jy is nie, jy is nooit te ver van die opsoekende liefde van God nie.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs