Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie – Inleiding

Ek wil heel eerste graag sê: ek weet dit is moeilik. Om “In gemeenskap” te leef, klink asof dit so maklik moet wees, en sommige mense laat dit moeiteloos lyk. Laat ek egter eerlik wees voordat ons met hierdie vier weke lange reis om gemeenskap in ons lewens aan te kweek, begin. Dit is nie maklik nie. Ja, ons is inderdaad daarvoor gemaak. Dit is deel van God se plan en wanneer ons nie ‘n Bybelse gemeenskap in ons lewens het nie, sal ons ontbreek aan sekere spesiale seëninge. Moet egter nie teneergedruk of ontmoedig voel as dit iets is waarmee jy geworstel het nie. Inteendeel, besef dat jy in goeie geselskap is.

Soos ons begin, moet ons eerste verstaan wat ‘n Bybelse gemeenskap is en wat dit nie is nie.

‘n Bybelse gemeenskap is ‘n groep eensgesinde Christene wat toegewyd is om God se Woord te leer en in hul lewens uit te leef. Dit is meer as ‘n sosiale klub of ‘n groep vriende met dieselfde belangstellings wat saam bymekaarkom. Om ‘n Bybelse gemeenskap in jou lewe te kweek beteken om te gaan van oppervlakkige gesprekke na doelgerigte tyd wat saam gespandeer word om mekaar te bemoedig en op te bou in God se Woord. Die beweegrede hiervoor is liefde vir God, liefde vir mekaar en ‘n begeerte om mekaar te help om in gehoorsaamheid en tot eer van God te leef.

Om ‘n Bybelse gemeenskap aan te kweek sal ‘n kombinasie van tyd en gebed vereis. Moenie ontmoedig raak as jy uitreik na verskeie mense en jy verwerping, stilte of geen belangstelling ervaar nie. (Dit het al baie met my ook gebeur. Het ek genoem dat dit nie altyd maklik is nie?) Die kwaliteit van die verhoudings is meer belangrik as die hoeveelheid mense wat opdaag. Gee hierdie proses aan God oor deur Hom te vra om jou verhoudings te seën. Bid dat Hy jou sal lei na die regte mense en wees dan dapper en nooi hulle in jou lewe in. Bid, reik uit, nooi uit en vertrou dan op God.

Kom ons wy hierdie volgende vier weke daaraan om te bid vir ‘n Bybelse gemeenskap in ons lewens wat vir God eer. Onthou, ons almal smag daarna om geken en liefgehê te word. Ons is nie gemaak om alleen te wees nie, ons is gemaak vir gemeenskap!

Bid, reik uit, nooi uit en vertrou dan op God.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs