Hoop: ‘n Teer Wapen

Hoop: ‘n Teer Wapen

Grace Ann Hopkins

Ek het onlangs opgemerk dat ek neig tot apatie. Ek voel ek het deur die lewe gewandel volgens die geraas van hierdie wêreld, en toegelaat dat angs my wese en my doel beïnvloed. Ek mis dit om te sien hoe die waarheid oorlog voer en wen teen die leuens en somberheid. Ek mis dit om die krag van die Gees deur gebed te ervaar. Miskien voel jy of jy op ‘n soortgelyke plek is.

Vriendin, ek hoor hoe God ons roep om weer deur Hom vasgehou te word en sy genade opnuut te ontvang. Ek hoor hoe Hy ons sagkens en kragtig herinner om ons gedagtes weer op Hom te rig en ons gedagtes te fokus op die toekoms waarop ons wag. Ek hoor hoe Hy ons roep om gevul te word met vreugde en vrede terwyl ons Hom vertrou met alles wat ons probeer beheer het. Ek hoor hoe Hy ons aanmoedig om ons hoop te vernuwe.

Hoop is ‘n bron van goedheid, waarheid en skoonheid. Om te hoop is om deel te neem aan die goddelike. Om te hoop is nie om huidige pyn ongeldig te maak nie, maar eerder om huidige pyn te erken en God te dank vir ‘n toekoms sonder pyn. As gelowiges hoop ons nie op iets wat mag of nie mag gebeur nie. Ons het versekering dat daar in Christus ‘n toekoms vir ons is wat vry van lyding en vol van volmaakte liefde is (sien Openbaring 21:1-4).

Die stem van die Here spreek oor ons in 1 Johannes 3 en verklaar dat ons sy kinders is wanneer ons in Hom glo. Dit beteken dat God ons volmaakte Vader is, die Een wat ons liefhet, vir ons voorsien en ons beskerm. Dit beteken dat God ons leer, ons hand vashou en ons vertroos. Dit beteken dat ons ‘n kamer in God se huis het en dat alles wat God het, ons s’n is. Dit beteken ons is veilig, ons behoort aan iemand en ons het ‘n ewige familie. Hierdie waarheid wat God self oor ons verklaar het, is ‘n rede tot hoop.

Hoop doen meer as om ons goed te laat voel. Die einste transformasie van ons wese word gefasiliteer deur die verdienstelike aksie van hoop. Met ander woorde, wannneer ons deelneem aan die aksie om te hoop op wat verseker gaan kom as gevolg van die dood en opstanding van Jesus Christus, verander ons gedagtes, gesindheid en gedrag. Wanneer ons ons gedagtes op hemelse dinge instel, word ons gedagtes beheer deur goedheid en vrede en begin ons ons bekommernis laat gaan. Wanneer ons ‘n hemelwaartse persepktief van hoop aanneem, ontdek ons ‘n uiters vervullende doel vir ons lewens. Eerder as om te bestaan om deur ander geken te word, word ons doel een van liefde vir alle mense en onsself. En wanneer ons hoop, word ons soos Christus en dra ons die vrug van sy Gees (Galasiërs 5:22-23).

Iemand wat vir my baie dierbaar is het my daaraan herinner dat ons as gelowiges veg met die teerste wapens – wapens wat die wêreld nie ken nie. Hoop is ‘n teer wapen, want om te hoop is om God op sy Woord te neem en op Hom te vertrou om oorloë namens ons te voer en te wen. Die Psalmdigter sê dit in Psalm 27:13-14:

“As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie… Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!”

Vriendin, weet dat daar die magtigste krag in jou is. As ‘n gelowige in Christus het jy die Gees van God wat binne-in jou woon en God se Gees oorwin die diepste duisternis. Jy het lig, jy het hoop en jy het oorwinning.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse