‘n Ongelooflike Belofte

‘n Ongelooflike Belofte

Die verhaal van Noag en die vloed is so bekend aan meeste van ons, dat ons die wonder en die ontsag van hierdie gebeurtenis verloor. Die hele aarde was onder water en Noag en sy familie was in ‘n vaartuig wat niemand nog ooit gesien of van gehoor het nie. Wat sou gebeur as hulle kos sou opraak? Wat sou gebeur as die ark uitmekaar sou val en hulle verdrink het? Wat as die waters nooit teruggesak het nie?

Maar God het hierdie verskriklike oordeel beëindig en die eerste ding wat Noag gedoen het toe hy sy voete op droë grond kon sit, was om te aanbid. Hy het baie goeie rede gehad om dit te doen.

God het Noag en sy familie veilig deur ‘n verskriklike oordeel gedra. Vir veertig dae en veertig nagte het dit gereën. God het die waters geopen rondom hulle en die aarde oorspoel tot die punt waar niemand meer kon lewe nie. Maar Noag en sy familie is gespaar.

Die Here het vir Noag en sy familie geseën met die selfde seëning wat Hy aan Adam en Eva in die paradys gegee het. Hy het gesê: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde.” God het ‘n verbond met Noag gesluit. ‘n Verbond is ‘n belofte tussen twee partye. Maar hierdie verbond wat God met Noag gesluit het, was uniek. Hy het belowe om nooit weer die aarde te verwoes deur middel van ‘n vloed nie. Maar, het Noag aan God iets belowe? Of sy seuns? Het hulle belowe om nie meer te sondig en om die Here al die dae van hul lewens te volg nie? Nee, hulle het nie. God het sy gelofte aan al die nasate van Noag gemaak, wat vir jou en my insluit, en wat het ons belowe? Niks! God het ‘n verbond aangegaan waar Hy alles belowe het en sy skepsels niks nie. Dit was ‘n belofte wat van God alleenlik afhang. Dit is pragtige genade en onverdiende barmhartigheid.

God sou sy toorn teenoor sonde op ‘n ander manier uitstort. Hy sou sy seun, Jesus stuur om die straf vir ons te dra, om die skuld namens ons te betaal, om straf te verduur sodat ons nie hoef nie, om reg te maak wat ons gebreek het en om dít wat verlore was, te herstel.

As ‘n manier om ons te herinner aan sy gelofte, het God het ‘n pragtige simbool in die lug geplaas sodat almal die goedheid van God kan sien en onthou. Ons almal geniet dit om ‘n reënboog te sien. Ons neem foto’s en roep ons kinders om die pragtige skouspel van kleur in die lug te kom sien, maar onthou ons die rede waarom dit van tyd tot tyd verskyn? Onthou ons teen watter koste dit daar skyn? Onthou ons wat dit vir ons beteken?

Laat die reënboog ‘n reaksie van dankbaarheid, ootmoed en belydenis teenoor God in ons ontketen, omdat Hy só goed is teenoor skepsels wat só boos is.

Kyk na Jesus,

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse