‘n Lewe van Geloof

‘n Lewe van Geloof

Daar was ‘n tyd in my lewe toe ek self oor my lewe geheers het en daardie seisoen het baie trane, foute, pyn en berou meegebring.

Die Bybel leer ons dat ons geskape is om God te behaag. Die totaliteit van hoekom ons hier op aarde is, is vir die wil en doel van God en niks anders nie. Wanneer ons lewens nie in ooreenstemming met hierdie waarheid is nie, is pyn, ellende en groot berou al wat ons ervaar. Dit kan op ‘n stadium lyk asof ons ons vryheid weg van God af geniet, maar in realiteit is ons net in slawerny en maak ons geen beduidende vooruitgang nie.

God alleen sien die groter prentjie. Hy is die enigste Een wat die groter plan ken en verstaan. Ons sal sy doelwitte bereik as ons Hom toelaat om in beheer te wees en volgens sy voorskrif lewe. Volkome gehoorsaamheid en vertroue in God bring rus, vrede en vreugde.  

Sy gebooie is nie om ons te straf of te beperk nie, soos wat die duiwel en die wêreld wil hê ons moet glo nie. Dit is vir ons beswil en om ons teen leed te beskerm. Dit verseker dat ons ‘n goddelike lewe hier op aarde leef en die ewigheid saam met Hom sal deurbring.

In vandag se vers sien ons dat Abraham, die ontvanger van ‘n groot en kragtige belofte wat die lewens van biljoene mense gaan verander, uit God se oorspronklike plan uittree. Die eindresultaat was pyn, chaos en groot berou. Dit is nie wat God vir jou en vir my wil hê nie. Hy wil hê dat ons Hom sal toelaat om volle beheer oor ons lewens te neem, want Hy alleen ken die geheelbeeld en Hy alleen het die vermoë om ons na ons bestemming te neem. Dit herinner my aan Jeremia 29:11. Neem ‘n oomblik om daardie vers te lees en jou te lawe in die suiwer liefde wat in daardie vers geskryf is.

‘n Lewe van geloof is wat God wil hê. Hy is verheug met ‘n vrou wat elke dag leef met die hoofdoel om Hom te verheerlik, in die vrou wat daagliks in haar hart besluit om op God te vertrou, selfs wanneer sy nie verstaan nie. Jy en ek is nie volmaak nie – ons kan dit nooit wees nie. Dit is hoekom God vir Jesus gestuur het om vir ons te sterf, sodat ons nou vrygespreek voor Hom kan staan, en dat Hy in ons harte kan woon. Dit is waarom Hy die Heilige Gees gestuur het om ons daagliks in staat te stel om te leef en op Hom te vertrou.

Ek weet dat die lewe vir baie van ons geleer het om mense nie te vertrou nie. En ongelukkig het ons daardie selfde reaksie op God gehad. Ek weet ek het. Maar elke keer wat ek op God vertrou het, het ek vervulling en lewe ontvang en baie van my laste is van my skouers afgeneem. Elke keer wat ek die Heilige Gees gevra het om my te lei om die regte besluit te neem, om op God te vertrou, om my van myself te red, om my te help om nie op my eie insig staat te maak nie, het ek dit nog nooit berou nie.

God lei jou nooit in die duisternis in nie!

Hy weet wat die beste vir ons is. Hy is op alle vlakke beter om te oordeel as jy. Ons moet Hom volkome vertrou met elke besluit wat ons maak. Hy het ons ons eie wil gegee, maar ons moet altyd seker maak dat dit met sy wil ooreenstem. Ons moet gewillig wees om te luister na die Heilige Gees (ons Helper), die Woord van God en wyse raadgewers.

Neem jou besluite in gebed na God, gebruik die Bybel as jou gids en volg God se leiding. Hy is barmhartig en goedgunstig en Hy is altyd daar om jou te help en jou weer te laat opstaan wanneer jy misluk. Streef daarna om altyd op Hom staat te maak.

Gebed: Ek sal met my hele hart op die Here vertrou. Ek sal nie op my eie insigte staatmaak nie. In al my weë sal ek sy wil soek. Help my asseblief, Here. Amen.

Week 2 Uitdaging:

Skryf hierdie week aspekte neer van God se karakter wat in ons Skrifgedeeltes geopenbaar word. Is daar nuwe of onbekende karaktereienskappe van God wat jy beter wil verstaan? Vra God om jou begrip van sy karakter te vergroot. Doen hierdie week ekstra studie oor ‘n aspek van God se karakter wat vir jou nuut of onbekend is

Week 2 Leesplan:

Week 2 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse