‘n Ewige Perspektief

‘n Ewige Perspektief

Morta Andriu

Ek het in ‘n Christelike familie grootgeword en het Christelike waarhede van jongs af geken. Een van die lesse wat ek geleer het, was die oproep om God te aanbid. Ek het dit nog altyd verstaan as ‘n soort dankbare ingesteldheid teenoor God en ‘n uitrdrukking daarvan tydens gebed of aanbidding. Maar, meer onlangs, het ek lofprysing baie dieper as nog ooit tevore ervaar. Dit het vir my gewys dat ek God met my kop kan aanbid of dat lofprysing vanuit my hart kan vloei.

Ek het verlede somer baie moeg en uitgeput gevoel. Werk, familie, kindersorg en ‘n trek na ‘n nuwe huis het baie van my energie geverg. Ek het beide fisiek en geestelik uitgeput gevoel. Ek het regtig tyd op my eie en saam met God nodig gehad. My man het my aangemoedig om vir ‘n rustige naweek weg te breek en te rus. Daardie naweek het ek gebly by ‘n wonderlike plek in die natuur weg van die stad af. Tydens my verblyf daar het ek daagliks langs die meer gaan stap.

Terwyl ek eendag so gestap het, het ek begin dink aan ‘n plan om ‘n groep vrouens wat ek nie geken het nie te ontmoet sodat ek Love God Greatly-Bybelstudies aan hulle kon voorstel. Ek het geweet ek sou hulle van myself moes vertel, my lewensverhaal, en hoekom ek hulle ontmoet het. In my gedagtes het ek my lewensverhaal begin vertel. Ek het begin by my oupa wat die eerste gelowige in ons familie was, en hoe God deur sy lewe generasies in ons familie aangeraak en verander het.

Soos ek my lewensverhaal herroep het, het ek vanuit ‘n langtermyn perspektief gesien hoe mooi die Here my van situasie tot situasie gelei het om nader aan Hom te beweeg. Ek het gesien hoe sekere omstandighede en situasies met mekaar verweef was, hoe een ding tot die volgende gelei het. Ek het gesien hoeveel keer ek deur Hom opgetel, gedra, begelei, aangemoedig, geseën en beloon is. Hoeveel beloftes vervul is. Hoeveel keer ek teen aaklige dinge beskerm is. Hoeveel aan my gegee is.

Alhoewel dit alles reeds kopkennis was, het ek nou as ‘n geheel gesien en dit het my verstom. Die onmeetbare goedheid van God. Liefde onbeskryflik groot. Oneindige genade. Trane het in my oë opgewel, en lofprysing in my hart. Dit was selfs moeilik vir my om die woorde te uiter, maar my hart het Hom vereer en aanbid.

Hierdie ondervinding het my geleer hoe belangrik dit vir my is om my lewe vanuit God se perspektief, vanuit ‘n ewigheidsperspektief, te beskou. Hoe belangrik dit is om Hom te vra om vir my te wys wat Hy al vir my gedoen het. Dit het ‘n verandering in my bewerkstellig om eerder lofprysing te ervaar wat uit my hart uit vloei as om Hom bloot met my kop te loof.

Wannneer ek terugkyk en sien wat God al vir my gedoen het, hoeveel keer hy Homself verneder het om na my te kyk, hoe Hy my uit die stof uit opgehelp het en hoe Hy sy beloftes nagekom het (Psalm 113:6). Ek is oortuig dat Hy sal volhou om dit te doen. God sal voortgaan om by my te bly en sy beloftes na te kom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse