‘n Effektiewe Wapen

‘n Effektiewe Wapen

Julie McIlhatton

Skerm is ‘n sport wat ek slegs sien wanneer dit die Olimpiese Spele is. Dit is fassinerend om te kyk. Alhoewel ek nie al die reëls ken nie, is dit ‘n baie vinnigbewegende geveg tussen twee atlete wat swaarde (‘n floret, degen of saber) gebruik om aan te val en te verdedig, met die doel om hul opponent te tref om punte te kry. Hulle benodig goeie uithouvermoë, vinnige reaksies, uitstekende veerkragtigheid en balans, blitsige spoed en vinnige denke. Elkeen van hierdie vaardighede word ontwikkel tydens baie ure van oefen.

Dit laat my dink aan die swaard van God. Die beeld wat in Efesiërs 6 gebruik word, is van ons wat in ‘n geveg is, in ‘n oorlog met die duiwel en sy magte. Alhoewel die uitkoms bekend en veilig is, kan die gevegte wat voortduur, ons wond. Ons moet voorbereid en in staat wees om al die wapens te gebruik wat God vir ons gegee het.

Die laaste deel van die wapenrusting wat genoem word is die swaard van die Gees. Dit is die enigste deel van die wapenrusting van God wat in staat is om gebruik te word vir ‘n aanval sowel as vir verdediging. Dit vertel ons duidelik dat die swaard die Woord van God, die Bybel is, geïnspireer deur die Heilige Gees.

‘n Paar weke gelede het ons gekyk na die eerste deel van die wapenrusting van God: die gordel van waarheid. ‘n Romeinse soldaat se belt het dikwels sy swaard gehou. Hierdie twee dele van die wapenrusting is verbind, want die waarheid oor God is in sy Woord.

Ons moet hierdie wapen met wysheid gebruik, want dit sal ons help om onsself te verdedig—om versoeking te weerstaan, sowel as in evangelisasie.

Toe Jesus deur die duiwel in die woestyn versoek is, het Hy die swaard van die Gees gebruik en die Bybel aangehaal om die duiwel te beantwoord. Toe die duiwel probeer het om die Woord van God te misbruik, was Jesus in staat om Hom te antwoord deur die swaard van die Gees korrek te gebruik.

Hierin is ‘n waarskuwing vir elkeen van ons. Ons moet oefen en in staat wees om die swaard van die Gees goed te gebruik om onsself te verdedig.

Wanneer ons versoek word om ‘n leuen te glo, kan ons dit toets teen die ware Woord van God. Ons moet egter God se Woord ken om dit te kan doen. Ons moet ook in staat wees om te weet wanneer God se Woord verkeerd gebruik word. Dit vereis opleidingstyd in ons slaapkamers, kantore, motors, kombuise, waarokal jy jou tyd spandeer om God se Woord te bestudeer en daaruit te leer.

Die Woord van God is baie waardevol wanneer ons uitreik na ander. Soos dit in Hebreërs 4:12 sê: “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” Eerder as om ‘n swaard in ‘n geveg te wees, is dit meer soos ‘n chirurg met ‘n skalpel wat akkuraat snitte maak om dít wat verkeerd is te verwyder en genesing te bring, Wanneer ons die Woord van God in evangelisasie gebruik, is dit altyd met die doel om ander mense in ‘n verhouding met God in te bring.

Ek ken ‘n pragtige Christen-vrou wat ‘n Christen geword het deur die Bybel vir haarself te lees. Sy is oortuig en het gereageer. Daar is baie mense wat ek ken wat Christene geword het deurdat hulle oor jare, dae of self net een keer, gehoor het hoe die Woord van God getrou hanteer is en God het dit gebruik om hulle met Hom te versoen. Ander Cristene is weer geïnspireer om meer oor die Verlosser te leer deur die lewens van getroue gelowiges wat hulle gelei het om God se Woord te hoor en te lees.

Kan jy jouself ‘n skerm geveg indink waar een persoon nie ‘n swaard het nie? Ons moet lees, leer en onsself oplei om die swaard van die Gees te gebruik. Bid vir jou predikante en pastore, dat die Heilige Gees hulle sal lei en rig soos hulle hierdie week voorberei om jou en jou kerkfamilie uit die Woord van God te onderrig. Bid vir jouself, dat die Heilige Gees tot jou sal spreek en jou sal herinner aan wat jy geleer het, sodat jy jouself kan verdedig en liefdevol kan uitreik na ander met die waarheid oor Jesus.

In John Bunyan se boek: Pilgrim’s Progress, sê een van die karakters wanneer hy op sterwe is: “My swaard gee ek vir hom wat my in my pelgrimstog sal opvolg en my dapperheid en vaardigheid aan hom wat dit kan kry. My wonde en littekens dra ek met my, om vir my ‘n getuie te wees dat ek Hom wat my beloner sal wees, se veldslae geveg het.”

Week 6 Uitdaging:

Fokus hierdie week daarop om God se Woord te memoriseer en dit nie net in jou gedagtes te plaas nie maar ook in jou hart. Kies biddend verse wat jou aanmoedig, hoop bring en jou herinner aan God se beloftes en skryf dit op notakaarte of in jou gebedsjoernaal. Deur Jesus se voorbeeld te gebruik, veg terug teen jou geestelike vyand met die waarheid wat in die Skrif gevind word, deur God se Woord te memoriseer en te herroep.

Week 6 Leesplan:

Week 6 Memoriseervers:

Julie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs