Liefdevolle Herinneringe

Liefdevolle Herinneringe

Krista Taylor

“Om hierdie rede sal ek julle altyd aan hierdie dinge herinner, al weet julle dit en al staan julle reeds vas in die waarheid wat aan julle bekend gemaak is.” (2 Petrus 1:12)

As ‘n ma van vyf jong kinders, met ‘n meestersgraad in onderwys, is hierdie een van my gunsteling verklarings van die apostel Petrus.

Hoeveel keer per dag moet ek my kinders herinner om hul sokkies op te tel… of die ligte af te skakel… of hul tande te borsel? Ten spyte van die feit dat hulle hul daaglikse take ken (dit is op ons yskas aangeteken!), moet ek hulle steeds voortdurend herinner! Dit is maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat hulle net kinders is, en dit is waarom hulle herinner moet word. Maar as ek eerlik is, weet ek dat selfs volwassenes vinnig vergeet. Ons vergeet nie net wat ons moes gaan koop by die winkel, wanneer om die vullis uit te sit, of ons troudag nie, ons vergeet ook wie ons in Christus is. Ons vergeet dat ons gereinig is van vorige sondes, ons vergeet sy beloftes dat Hy terug kom vir ons en sy roeping om vir sy ewige koninkryk te leef!

Dit is maklik om vasgevang te raak in ons eksterne omstandighede, moedeloosheid, die las van tydelike probleme of die gevolge van sonde. Vergeetagtigheid is ‘n toestand van die gebroke menslike siel. Ons vergeet so vinnig.

Ek is so dankbaar dat God vir ons verskeie maniere gegee het om ons vergeetagtigheid te beveg, soos sy Woord wat ons herinner aan kosbare waarhede en ‘n kerkgemeenskap wat  waarheid in ons lewens inspreek en ons gereeld herinner aan wie ons in Christus Jesus is.

Omdat God my herinner wie Hy is, is dit ook my plig om my kinders daagliks te herinner. Ja, ek herinner hulle aan dinge soos hul daaglikse take, maar dit is ook belangrik om hulle te herinner aan God se waarhede in hul lewens. Ek vertel hulle dat hulle geliefd is, dat hulle sondaars is wat deur genade gered is, en dat God ons altyd vergewe en ons ‘n tweede kans gee. Daar kom ‘n tyd wat ons nie meer in staat sal wees om hulle te herinner nie, maar “ek ag dit immers my plig om julle aan te spoor deur julle hieraan te herinner so lank as ek nog lewe.”

Soos Petrus, laat ons mekaar in liefde herinner aan hierdie kosbare waarhede. Ons is geliefd. Ons is vergewe. Ons is verlos in Christus. Ons redding en verlossing is veilig, en Jesus kom weer om ons vir ewig huis toe te neem!

Het jy mense in jou lewe om jou aan God se waarhede te herinner? ‘n Christelike gemeenskap is so belangrik, veral wanneer ons deur die vallei van moeilike tye gaan. Dan moet ons uitreik na ander en vra vir hul aanmoediging en ondersteuning! Kan ek jou aanmoedig, wees die soort gelowige en vriend wat ander dikwels herinner aan hul identiteit in Christus en die waarhede van die evangelie. Mag hulle hoor dat hulle geliefd en vergewe is. Hulle mag dit meer nodig hê as wat jy  besef!

 

 

 

Krista

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs