Met Die Oog Op ‘n Tyd Soos Hierdie

Wat as God elke enkele gebeurtenis van die lewe georkestreer het ter voorbereiding vir dít waarvoor jy nou te staan gaan kom? Wat as hierdie nou jou tyd is?

Daar is net een jy. Daar is net een persoon in hierdie wêreld met jou presiese persoonlikheid, jou erfenis, jou vaardighede, talente en met jou agtergrond. Slegs een persoon het al die dinge wat jy in die lewe ervaar het, ervaar – die lewenslesse, die suksesse, die geleenthede, die lyding en die hartseer. Net jy.

God druk elke druppel uit elke situasie in jou lewe om jou voor te berei vir hierdie presiese oomblik. Geen oomblik van jou lewe is vermors nie.

Daar is geen toeval in die koninkryk van God nie. Jy is waar jy nou is vir ‘n rede en met ‘n doel.

Vertrou God se Doel

“Die boodskap van Ester is aan Mordegai oorgedra, en hy het haar geantwoord: ‘Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van ‘n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het.'”  – Ester 4:12-14

Mordegai gee Ester ‘n oproep tot aksie. Hy laat haar weet dat haar lewe in gevaar is, of sy nou kies om haar mense te help of nie. Mordegai se geloof rus in die Here om die Joodse volk te bevry, maak nie saak wat nie. Deur wie ookal en hoe ookal Hy wil.

Hy sê vir Ester dat hierdie geleentheid dié geleentheid mag wees wat God vir haar bepaal het én om in ag te neem dat haar hele lewe vir hierdie situasie bedoel was. Mordegai help Ester om te besef dat sy nie ‘n koningin in die paleis is vir haarself nie, maar vir God.

Hoe anders sou jou lewe wees het as jy geglo het dat God jou strategies in jou gesin, jou huis, jou huwelik en jou werksplek geplaas het? Ongeag of dit in ‘n wanfunksionele gesin is, ‘n huis wat in chaos is, ‘n huwelik wat tot die uiterste toe beproef word, of in ‘n werk wat geen vreugde verskaf nie en met vyandige kollegas.

God het jou presies geplaas waar jy is, sodat jy die lig en die hoop kan wees te midde van die voortdurende duisternis. Jou tyd om te skyn en op te hef is nou!

Vertrou God se Metodes

Dit is maklik om nie God se hand in jou lewe raak te sien nie en jou strategiese posisie te onderskat, bloot omdat dit nie lyk soos jy verwag nie. As jy nie versigtig is nie, kan jy toelaat dat jou vrese, jou afsydigheid, jou teleurstelling of selfs jou onsekerheid voorkom dat jy met gehoorsaamheid reageer op God se missie.

God het ‘n oneindige aantal opsies en oplossings vir enige situasie. Hy word nie beperk deur een van die gebeure in jou lewe nie. Dit maak nie saak hoe groot of oorweldigend jou omstandighede is nie. Hy word nie teruggehou deur die ingewikkeldheid van dit alles nie. Nie eens die mense wat betrokke is kan Hom keer nie.

God kies dikwels om onvolmaakte, gebrekkige mense en onvolmaakte omstandighede te gebruik om sy perfekte planne uit te voer. Nóg jou mislukkings, jou foute of jou sonde kan God se vermoë om sy wil uit te voer, keer. As God roep, mag jy dalk nee sê, maar Hy sal eenvoudig ‘n ander persoon roep.

God gee egter hierdie pragtige geleenthede om gebruik te word as deel van sy plan en doelwitte vir die wêreld. Wat ‘n eer en voorreg om God se ambassadeurs te wees soos Hy sy hand uitsteek om die wêreld deur ons te bereik!

Vertrou God se Werk

Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. – Prediker 11:4

Is hierdie jou tyd?

Die lewe van elke gelowige word gekenmerk deur geleenthede wat vereis dat jy die risiko neem om Jesus te volg en sy doel met jou lewe te verwesenlik. Omdat jy geskape is om God te verheerlik, watter beter manier is daar om dit te doen as om dapper en gehoorsaam te wees aan sy roeping.

Soms kan jy God se roeping vrees as jy glo dat dit meer is as wat jy kan hanteer. Dit is egter in jou swakheid dat God op so ‘n manier werk om jou te bekragtig en vir Hom om al die eer te ontvang.

Soos Ester en Mordegai, kan gelowiges vertroue hê in God se getrouheid en sy kragtige uitsonderlike werk in ons gewone lewens. Jy is deur God geskape en geroep vir ‘n tyd soos hierdie!

Vrede en genade vir jou,

 

 

Terria

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs