Memoriseer en Spreek God se Beloftes
Petra Stoneman
“Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.”
Welkom by nog ‘n week van ons studie! Hierdie week gaan ons fokus op die Helm van Verlossing.
Ek hou baie daarvan hoe vandag se SOAP-vers, Efesiërs 10:17 nie vra of ons die helm van verlossing wil hê nie, of dat ons dit kan neem as ons wil nie… dit gee opdrag en bied dit vir ons aan!
Vriende, Satan sal enige iets probeer om in ons koppe te kom. Die stryd in ons gedagtes is ‘n realiteit en dis onsigbaar vir ander mense. Dit is hoe die duiwel probeer om ons te isoleer, deur leuens, aantygings en vrese in ons gedagtes op te bring, met die hoop dat ons dit nie met enige iemand anders sal deel nie, en toelaat dat dit ons oorweldig. Dit is hoe hy van ons lewens steel, soos wat Jesus in Johannes 10:10 noem : “‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
Wat is ‘n Helm?
‘n Vinnige soektog op die internet bring die volgende definisie op: “n Helm is ‘n soort beskermende uitrusting wat gedra word om die kop te beskerm.” ‘n Helm, of dit een is vir fietsry, vir polisie offisiere of vir soldate, word gedra om ons koppe teen beserings, houe of in gevegte te beskerm.
Wat is Verlossing?
Verlossing is die bevryding van sonde en die gevolge van sonde, wat die dood is. Verlossing deur geloof in Jesus Christus is ‘n gratis geskenk van genade wat jy ontvang wanneer jy jou sonde bely, glo in wie Jesus is en Hom aanvaar as die Here en Verlosser van jou lewe.
Die Helm van Verlossing
Die Helm van Verlossing is die beskerming wat ons benodig vir die geestelike oorlog waarin ons onsself elke dag bevind. Hierdie geestelike oorlog is ‘n realiteit, of ons daarvan hou of nie. Soos die helm hierbo ons beskerm teen fisiese beserings, voorsien hierdie helm beskerming teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug (Efesiërs 6:12).
So wat nou?
“Puik,” sê jy. Dit klink wonderlik. Maar wat nou? Hoe is dit van toepassing op my daaglikse lewe met al sy hoogtepunte en laagtepunte, bekommernisse en vrese en miskien aanvalle op my geestesgesondheid?
Liewe vriend en vriendin, jy is reeds gered! Jou verlossing is veilig in die krag van die Here. Neem eenvoudig wat jou aangebied word en staan ferm op die beloftes van God. Neem sy Woord ernstig op. Vertrou Hom vir die ewigheid!
Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe (Romeine 12:2).
Wanneer jy ‘n aanval op jou gedagtes bespeur, miskien ‘n vreemde gedagte wat jou uit die bloute afbring, of wanneer jy besef dat jou gedagtes fokus op leuens, eerder as op God se Waarheid, herinner jouself (en vir Satan ook) dat jy vas kan staan teen die planne van die duiwel (Efesiërs 6:11).
Memoriseer en Spreek God se Woord en vertrou in sy beloftes!
Week 5 Uitdaging:
Fokus hierdie week daarop om die helm van verlossing aan te trek deur jou gedagtes gevange te neem. Maak ‘n lys van ‘n paar van die gedagtes wat jy op ‘n daaglike basis het en lys of jy dink daardie gedagtes van God af is en of dit leuens van die vyand is. Vervang hierdie week enige slegte gedagtes met God se Woord. Fokus jou gedagtes op die hoop wat jou verlossing verskaf deur alles te lys waarvan God jou gered het en alles waarna jy kan uitsien as gevolg van Christus.
Week 5 Leesplan:
Week 5 Memoriseervers: