Maak God se Woord ‘n Prioriteit

Maak God se Woord ‘n Prioriteit

Angela Perritt

“Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf is. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.” – Josua 1:8

Een van die baie maniere hoe ons kies om afgesonder vir God te leef, is deur sy Woord ‘n prioriteit te maak. God is duidelik oor die belangrikheid van sy Woord. Dit moet ‘n integrale deel van ons daaglikse lewens wees, dit moet ons besluite rig en lei, beïnvloed hoe ons ander mense behandel en bepaal waaraan ons ons aksies en tyd toewy.

Die Bevel

God se opdrag is duidelik. Ons moet die Wetboek, sy kosbare Woord, met ywer lees, oordink en memoriseer. Dit is nie net ‘n aanbeveling nie, maar ‘n liefdevolle bevel. Soos ‘n ligtoring skepe veilig na die oewer lei, dien die Woord van God as ons baken in ‘n wêreld wat deur verwarring en sonde verdonker is.

Die Toewyding

Die frase “oordink dit dag en nag” is ‘n roeping om onsself ten volle en met passie te verdiep in God se Woord. Ons moet nie net in die oggend ons Bybel vinnig lees, of voor ons gaan slaap net vlugtig daarna kyk nie. Inteendeel, dit beteken dat ons diep oor die Skrifgedeeltes sal nadink, daaroor besin, dit diep in ons harte sal bepeins, en toelaat dat dit elke aspek van ons lewens sal infiltreer en ons gedagtes en harte satureer.

Die Gevolg

In sy oneindige wysheid verbind God ‘n belofte aan hierdie bevel. Hy verseker ons dat, om in sy Woord te bly, sal lei to voorspoed en sukses. Onthou dat voorspoed in God se ekonomie nie bloot finansieël is nie; dit is geestelike rykdom, diepe vrede en die versekering dat jy volgens sy wil wandel.

Hoe leef ons dit uit? Hier is ‘n paar praktiese stappe:

  1. Begin jou dag met die Woord: Voordat die wêreld jou aandag vereis, bied die eerste oomblikke van jou dag aan God. Delf diep in sy Woord en laat dit jou gedagtes vorm en jou aksies rig.

 

  1. Memoriseer God se Woord: Bêre verse in jou hart. Skryf dit neer op plaknotatjies of notakaartjies en hou dit by jou. Daardeur verseker jy dat sy Woord altyd by jou is, selfs wanneer die Bybel nie fisies in jou hande is nie.

 

  1. Raak betrokke in ‘n Gemeenskap met ander: Nooi ‘n groep vriende bymekaar sodat julle saam in God se Woord kan delf en ons studies as ‘n gids kan gebruik. Hierdie groep sal jou persoonlike lewenswandel met God versterk onderwyl julle in gemeenskap saam God se Woord bespreek.

 

Liewe vriendin, onderwyl ons die vreugdes en beproewinge van die lewe navigeer, mag ons soos Josua wees, onwrikbaar in ons toewyding om God se Woord ‘n prioriteit te maak. Laat ons God se beloftes met ope arms aanneem, op sy wysheid vertrou en ander liefhê met die liefde wat net Hy kan gee.

Wees Heelhartig Lief vir God.

 

Week 1 Uitdaging:

Terwyl ons afgesonderd vir God lewe, het ons wysheid en kennis nodig. Ons vind dit in God se Woord. Wy jouself hierdie week daaraan toe om elke dag toegewyde tyd in God se Woord te spandeer. Benewens jou daaglikse stiltetyd, maak dit ‘n prioriteit om tyd te spandeer om die Skrif te memoriseer of op ‘n ander tyd van die dag oor God se Woord te bid.

 

Week 1 Leesplan:

 

Week 1 Memoriseervers:

 

 

 

 

Angela

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs