Lydenstyd – Inleiding

Lydenstyd is ‘n seisoen. Dis ‘n seisoen van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is ‘n seisoen waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde. Hierdie periode van veertig dae reflekteer ander belangrike periodes in die Skrif, insluitende die 40 dae van reën wat Noag ervaar het tydens die vloed, die 40 jare wat die Israeliete in die woestyn geswerf het en die 40 dae wat Jesus in die wildernis gevas het.

 Lydenstyd is ‘n tyd wanneer ons doelgerig stop en ruimte in ons lewens skep vir ons verhouding met God. Ons lewens is dikwels so vol aktiwiteite en ons liggame so vol van kos dat ons geen ruimte het vir God nie. Lydenstyd gee ons egter elke jaar ‘n doelgerigte seisoen om daardie ruimte beskikbaar te maak.

 Alhoewel ons studie ses weke lank is, dek Lydenstyd ‘n periode wat ‘n bietjie langer is. Lydenstyd begin op Aswoensdag en duur tot Paassondag. Vir sewe weke lank reflekteer ons oor wat dit beteken om onsself leeg te maak, sodat ons met Christus gevul kan word. Tradisioneel is die bedoeling dat daar gedurende die week vir ses dae gevas word, met Sondag as ‘n feesdag. Hierdie gebruik herinner ons dat, terwyl ons fokus op die hartseer van Christus se dood en die rede daarvoor, kan ons ook vier dat Hy reeds die oorwinning behaal het deur sy dood en opstanding.

 In aanloop tot Paasfees, gaan ons in die volgende ses weke sommige van die tradisionele temas van Lydenstyd bestudeer. Dit sluit vas, vul, bekering, liefdadigheid en die drie dae voor Paassondag in. Wanneer ons vas, fokus ons daarop om dinge wat ons aflei en dinge wat ons van God af wegtrek, te verwyder. Dan fokus ons daarop om die ruimte wat ons geskep het, te vul met die lees van die Bybel, gebed en ander geestelike dissiplines. Ons sal bekering beoefen en die belangrikheid daarvan begryp en die vryheid wat daardeur kom. Soos ons op liefdadigheid fokus, sal ons sien hoe geloof gewys word wanneer ons gee en dat dit verteenwoordig hoe ons onsself leegmaak om met Christus gevul te word. Laastens sal ons die drie dae voor Paassondag bestudeer, waar ons sal fokus op die donkerte wat deur ons sonde veroorsaak is en hoe ons vier wat Jesus vir ons gedoen het.

 Kom ons neem deel aan hierdie eeue-oue tradisie van nabetragting oor en die viering van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus.

 Soos ons in hierdie seisoen van die Lydenstyd inwandel, kom ons open ons harte om te sien wat God vir ons wil leer. Kom ons neem deel aan hierdie eeue-oue tradisie van nabetragting oor en die viering van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs