Leef in Ware Vrede

Leef in Ware Vrede

Alena Pitts

Ek was veertien jaar oud toe my ma, wat ook my beste vriendin was, skielik en tragies hierdie aarde verlaat het. Die een dag het die lewe ongelooflik goed gegaan. Ek was ‘n bekende aktrise in die Christelike wêreld en ‘n jong gepubliseerde skrywer, en toe val my wêreld uitmekaar. My wêreld was geskud, en ek het vrede nodig gehad. In my hart van harte het ek geweet vrede is beskikbaar, maar dit sou net wees deur op God se waarheid en Gees te leun dat ek enige hoop gehad het om dit te vind. Om eerlik te wees, my reis na vrede het met baie vrae begin. Ek het bevraagteken of God bestaan, en indien Hy bestaan, het ek gewonder of Hy goed is.

Indien jy al ooit God se bedoelings vir jou bevraagteken het of gewonder het of Hy goed is, rus in hierdie waarheid: God smag daarna dat vrede in beheer van jou hart sal wees. Hy roep jou op tot ‘n lewe gevul met vrede, ongeag jou omstandighede.

Ongelukkig is ons definisie van vrede verdraai en strook dit nie meer met die Woord van God nie. Ons vergeet dikwels God se definisie. Die kultuur se definisie van vrede is die afwesigheid van konflik en ‘n gevoel van perfekte kalmte. Ons kan vrede nooit met enige van hierdie verwar nie, want die Bybel is duidelik dat ons vrede kan hê te midde van beide konflik en kalmte.

Terwyl ek deur die grootste storm en moeilikste dae van my lewe gewandel het, het God my geleer dat vrede totaal êrens anders gevind word. Vrede is nie ‘n gevoel nie. Dit is ‘n manier van lewe. Dit is ‘n doelbewuste en deurdagte perspektief. Dit is dan dat ons ware vrede verkry, wat dan lei tot ‘n beter begrip daarvan.

Ware vrede vereis dat ons die valse idee laat gaan dat ons in beheer is en dat ons bloot in God se soewereiniteit rus. Vrede bestaan ​​wanneer ons toelaat dat God ons vashou, wanneer ons sy genade aanvaar en wanneer ons Hom toelaat om ons lief te hê.

Hoe vertroostend is dit tog om te weet dat God in ‘n wêreld van chaos en in jou gedagtes van verwarring vir jou vrede kan bring! Hy is soewerein, wat beteken dat niks met jou of om jou gebeur waarin Hy nie vrede kan bring nie. Sodra jy daardie waarheid verstaan, kan jy in vrede lewe. As jy in God se soewereiniteit rus, kry jy vrede op die koop toe. In vertroue bly jy dankbaar, en loof jy Hom vir Sy goedheid. En jy vertrou Hom, wat vereis dat jy Hom ken.

Jy begin God op verskeie maniere ken. Eerstens jaag jy Hom na in sy Woord. Jy kan Hom ook vra vir meer van sy Gees, en verwag dat Hy jou sintuie sal oopmaak vir sy teenwoordigheid. Luister in beide vir die klank van God se stem, en die houding van sy hart vir hierdie wêreld en vir jou.

Jou vertroue sal lei tot vrede, en jou vrede sal lei tot ‘n lewe van groot liefde vir God.

Week 6 Uitdaging:

In Filippense 4:6–8, sê Paulus vir sy lesers dat die vrede van God oor ons harte en gedagtes sal waghou in Christus Jesus. Hoe help die rig van ons gedagtes op wat waar, edel, reg, rein, mooi of prysenswaardig is, ons om oor ons harte en gedagtes wag te hou? Neem hierdie week tyd om jou gedagtes te evalueer en fokus op dinge wat met hierdie lys ooreenstem.

Week 6 Leesplan:

Week 6 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse