Kies Integriteit

Kies Integriteit

Jayci Williams

Om Integriteit te Verstaan

Toe ek in Graad 4 was het ek ‘n “jou karakter tel” toekenning gewen. Hierdie prys is aan die einde van elke maand aan een seun en een meisie gegee om hul goeie gedrag te erken. Die skoolhoof het elke maand een karaktereienskap gekies en die onderwysers het dan besluit watter studente uitgestaan het in daardie eienskap. Die karaktereienskap waarvoor ek ‘n toekenning gewen het was integriteit. Op 9 jarige ouderdom het ek skaars verstaan wat integriteit beteken of hoekom dit belangrik is. God se Woord leer ons egter baie oor integriteit en waarom ons dit benodig as volgelinge van Jesus.

Merriam-Webster (in Engels) definieër integriteit as die “ferm nakoming van ‘n kode van veral morele waardes.” Sinonieme vir integriteit is eerlikheid, verantwoordelikheid en eer. In Daniel 6 demonstreer Daniel uitermatige integriteit deur God te eer. Hy weier om Koning Darius te dien as ‘n afgodsdienaar. In plaas daarvan kies hy om God te aanbid as die enigste lewende God. Daniel wen die Koning se guns en die ander amptenare raak jaloers op Daniel. Hulle laat ‘n ordinansie instel dat elkeen wat ‘n ander god in plaas van die koning eer, in ‘n leeukuil gegooi moet word. Daniël hoor van die plan, gaan na sy kamer en gaan op sy knieë om te bid en God te aanbid.

Alhoewel Daniël se lewe op die spel was, het hy steeds besluit om God te aanbid. Daniël het nie sy geloof prysgegee om homself te red nie. Hy het eerder vertrou dat God hom sou red. Ek weet nie van jou nie, maar ek is nie seker of ek God sou vertrou het om my uit ‘n leeukuil te red nie. Ek is geneig om die dinge van die wêreld te vrees en het heeltyd ‘n gebrek aan vertroue in God.

Integriteit bo Kompromie

In hierdie seisoen was dit vir my moeilik om God te vertrou met die uitkomste van situasies buite my beheer. My hart was geneig om van God af af te dwaal en eerder stil te staan by wat kan gebeur. Dit is maklik om te glo dat as ek in beheer bly, en dinge verloop soos ek dink dit moet gaan, die beste uitkoms sal gebeur. God hou egter aan om my hart te oortuig en my te herinner dat sy weg beter is as my weg.

Hoe was dit die afgelope tyd vir jou moeilik om God te vertrou en te eer? Het jy jou geloof in God s’n gekompromitteer om jouself of ander te beskerm? Wat sal dit verg vir jou om weer in Hom te glo?

Numeri 23:19 sê: “God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?” Hierdie vers het my stabiel gehou in tye waar dit moeilik is om God se karakter te vertrou. Die waarheid is, dieselfde God wat Daniël uit die leeukuil gered het, is dieselfde God wat ons vandag nog dien. Dit beteken nie dat ons nie swaarkry of lyding in die gesig staar nie. Trouens, God sê vir ons dat ons swaarkry en lyding sal ervaar (Jakobus 1:2-4). Maar Hy is met ons in daardie moeilike tye. Ons kan onsself herinner aan God se getrouheid in die verlede en kies om Hom te aanbid ten spyte van ons vrese vir die onbekende.

Integriteit Gewortel in Vertroue

Ek leer dat dit ‘n pragtige ding is om in die spanning te sit van om God se karakter te ken, terwyl ek ook eerlik met Hom is oor die gebrek aan vertroue in my hart. God hoor ons eerlike gebede en bly by ons terwyl ons ons twyfel, verwarring en vrese navigeer. Trouens, ons eerlikheid onderskei ons van die wêreld.

Daniël se hart om hom tot die Here te wend in lof en aanbidding nadat hy skrikwekkende nuus ontvang het, moedig my aan om dieselfde te doen. God beskerm Daniël en eer sy integriteit. God se wil seëvier teen die planne van mense. Niks ontsnap aan sy soewereine doelwitte nie. Kies om die Here vandag te eer in plaas daarvan om die wêreld te vrees.

“Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.” – Spreuke 19:21

 

 

Jayci

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs