Ken die Woord

Ken die Woord

Angela Perritt

Het jy al ooit oorweldig gevoel oor die hoeveelheid “Christen” stemme wat veg vir jou aandag? Worstel jy om te weet na wie om te luister of wat om te glo? In vandag se verse maak Petrus dit baie duidelik wie die ware outeur van die Bybel is… en dit is nie hy nie.

“Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.” 2 Petrus 1:20-21

Sommig mense hou daarvan om aan die Bybel te dink as ‘n liefdesbrief van God aan ons. Dit vertel ‘n pragtige getuienis van wat God deurgegaan het om sy kinders te verlos. Elke bladsy fluister sy naam en wys hoe lief God ons het en wat Hy gewillig was om te doen om ons te red. Elke gelykenis en belofte in die Bybel is aan ons gegee met die hulp van die Heilige Gees. Hierdie woorde is nie mensgemaakte woorde nie, maar woorde direk van God se hart aan ons harte.

En die beste deel? Die Bybel is vir almal! Moenie die leuen glo dat net sekere mense die Bybel kan verstaan nie. Jy hoef nie ‘n Bybelkundige te wees of graad in Bybelkunde te hê nie. God wil hê dat almal sy Woord vir hulself lees en nie net steun op wat ander mense oor die Bybel sê nie. God wil hê dat jy dit vir jouself lees en weet wat Hy sê.

Met die hulp van die Heilige Gees kan jy verstaan wat die Bybel sê onderwyl jy meer en meer tyd spandeer om dit te lees, dit te oordink en te bid vir meer wysheid en begrip en dit op jou lewe toepas. God het sommige mense geseën met ‘n ongelooflike gawe om mense te leer en hulle te help om God se Woord beter te verstaan, maar jy moet self tyd in die Skrif spandeer om te weet wat dit sê en te kan onderskei wanneer iemand iets leer wat teen God se Woord gaan. Ongelukkig lewe ons in ‘n baie misleidende tyd en sommige “predikers” verdraai God se woorde of haal dit uit konteks uit om hulle eie agendas te pas. Dit is waarom dit uiters belangrik is dat jy God se Woord van die Ou Testament tot die Nuwe Testament sal leer ken… dit alles is “deur God geïnspireer en het groot waarde in jou lewe (2 Timoteus 3:16-17). Wanneer ons God se Woord lees en ken is ons minder geneig om deur valse leringe van stryk gebring te word.

Lees God se Woord. Bestudeer God se Woord en bêre God se Woord in jou hart. Jy kan dit doen! Maak God se Woord oop en lees dit vir jouself. Dit is geskryf vir jou en vir sy glorie!

Wees Heelhartig Lief vir God,

 

 

Angela

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs