Jy is God se Woonplek

Jy is God se Woonplek

Grace Ann Hopkins

Johannes 1:14 bevat ‘n pragtige waarheid: die Woord het vlees geword en onder ons kom woon. God in Christus het vlees geword en onder ons gewoon. Waarom was dit nodig? Dit was nodig sodat Jesus die prys vir ons sondes kon betaal sodat Hy in ons kon woon, en omdat Hy ons liefhet.

Dit is die evangelie: Want so lief het God jou en my gehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus, gegee het. Enige iemand wat in Jesus glo kan vir ewig saam met God lewe. Die mooi hiervan is, wanneer ons ons geloof in Jesus plaas, ontvang ons nie net die versekering van die ewige lewe in die teenwoordigheid van God nie, maar ons ontvang die Goddelike seën om elke oomblik in die teenwoordigheid van God te leef. God woon dan nie meer in ’n aparte plek as gevolg van ons sonde nie. God woon in ons in die persoon van die Heilige Gees.

Die gelowige is die woonplek van God – die tempel van sy Gees. Staan ‘n oomblik stil en laat hierdie waarheid ryklik in jou woon. Dink na oor hierdie wonderwerk. Wat ’n eer is dit om die tempel van God self te wees!

Die feit dat ons die tempel van God kan wees wanneer ons ons geloof in Jesus plaas, openbaar God se diepe begeerte en liefde vir ons. Hy het ’n manier gemaak vir sy teenwoordigheid om vir ewig by ons te bly. Hierdie waarheid bevestig ook die reinheid wat ons in Christus het. Op ons eie is ons nie ’n geskikte woonplek vir die Here nie. Wanneer ons gewas word in Christus se bloed op die oomblik van verlossing, word ons die huis van die Heilige Gees van God.

Vriendin, as ’n gelowige in Jesus Christus, die vlekkelose en liefdevolle Lam van God, is jy verbind aan die Here. Hy is in jou, en jy in Hom. Jy is vol opstandingskrag. Jy is vol van God. Jy het te alle tye vrymoedigheid en toegang tot Hom. Hy is nie ver nie, maar naby en teenwoordig. Hy is Immanuel, God met jou.

Aangesien jy die Gees van die Lewende God huisves, kan jy Hom eer met jou liggaam, soos God gelowiges beveel in 1 Korintiërs 6. Romeine 12:1 wys vir ons hoe om dit te doen: ons bied ons alles aan Hom. In Johannes 6:38 het Jesus met vrymoedigheid verkondig dat Hy nie gekom het om sy eie wil te doen nie, maar die wil van sy Vader. Om onsself geheel en al aan God te bied, moet ons dieselfde waarheid verkondig. Ons moet sonde prysgee en ons oë op Jesus rig (Hebreërs 12:1-2). Diepe vrede volg wanneer ons alles aan ons liefdevolle Vader oorgee. Die vyand kan nie aanspraak maak op mag oor ons wanneer ons alles aan ons seëvierende Vader oorgee nie.

Ek wil jou herinner wat dit beteken om die tempel van die Heilige Gees te wees. Liefde woon in jou. Vreugde woon in jou. Vrede woon in jou. Geduld woon in jou. Goedhartigheid woon in jou. Goedheid woon in jou. Sagmoedigheid woon in jou. Getrouheid woon in jou. Selfbeheersing woon in jou. Die volheid van God is joune, want Hy het jou gekies om sy woonplek te wees.

Grace Ann

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs