Jesus Is Beter

Jesus Is Beter

Deur Jen / 5 Oktober 2020 / Jesus, ons Alles

Die menslike hart is rusteloos en soek altyd iets van waarde om op sy troon te hê. Wat ons op die troon van ons harte plaas verander voortdurend, want niks op aarde kan werklik bevredig nie. Die boek Hebreërs bespreek dit en wys ons dat daar Iemand is wat beter is as enigiets wat ons moontlik kan besit, ervaar of dink. 

Welkom by ons studie deur die boek Hebreërs. Dit is ‘n ongelooflike boek, want dit wys ons hoe die Ou Testament aansluit by die Nuwe Testament en hoe al die wette, seremonies en profete in die Ou Testament dui op Jesus, die een wat beter is as enigiets anders. 

Die skrywer van Hebreërs (sommige glo dat dit Paulus of Lukas was, ander glo dat dit Barnabas of Appolos was. Hierdie raaisel sal opgelos word wanneer ons in die Hemel kom) mors geen tyd om ons van Jesus se oppergesag te wys nie. 

In die eerste vier verse word ons vertel dat God deur sy Seun gepraat het, dat Hy die erfgenaam van alles is, die Skepper is van alles wat ons sien en die eienaar is van dieselfde glorie en natuur wat God het omdat Hy God is en dit is deur sy krag dat alle dinge bymekaar gehou word. 

Dit is nogal wonderlik en tog vergeet ons dit, nie waar nie? Ons is nie die enigstes nie. Dit is ‘n eeue-oue probleem, want selfs die mense aan wie Hebreërs geskryf is, was gevalle mans en vroue soos ons wat vining afgelei is en daaraan herinner moes word dat Jesus beter is as profete of engele, Moses of priesters, offers, wette of seremonies. Al die dinge was en is goed, maar Jesus is beter.

Engele is die boodskappers en Jesus is die boodskap. Die offers was ‘n simbool van reiniging en Jesus is ons werklike reiniging. Die profete het vertel van iemand wat sou verlos en Jesus is daardie Verlosser. In alles is Jesus beter.

Dit is waarom die skrywer ons later in Hebreërs 12 aanmoedig om die wedloop voor ons te hardloop met ons oë op Jesus gerig. As ons die krag, volmaaktheid en algehele oppergesag van Jesus verstaan, sal ons volhard ongeag watter hindernisse ons moet oorkom. Ons sal getrou wees, want ons sal verstaan dat daar niemand en niks beter is as Jesus om ons liefde voor te gee nie. 

Terwyl ons hierdie wonderlike boek bestudeer, volg in die voetspore van die skrywer van Hebreërs en maak Jesus-vergelykings ‘n konstante deel van jou lewe. Op hierdie manier sal Jesus op die troon van ons harte bly en sal alles op sy regte plek bly. 

In all my sorrows, Jesus is better
In all my victories, Jesus is better
Than any comfort, Jesus is better
More than all riches, Jesus is better
Make my heart believe

(geneem uit die lirieke van Jesus Is Better deur Austin Stone)

Kyk na Jesus,

Week 1 Uitdaging:

Hebreërs 2:1 waarsku ons teen die afwyking van ons geloof. As gevolg van ons sondige natuur, dryf ons nie van nature na God toe nie. Wat is drie dinge wat jy hierdie week kan doen om op te let wat jy uit die Woord van God geleer het? Skryf hierdie drie dinge neer en plaas dit êrens waar jy dit gereeld sal sien. Besin aan die einde van die week of hierdie gewoontes gewerk het of nie. As dit gewerk het, hoe kan jy voortgaan om dit in die toekoms te implementeer? As dit nie gehelp het nie, watter ander gewoontes kan jy begin om jou sterk in jou geloof te hou?

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse