Jesus Bedek Ons Skande

Jesus Bedek Ons Skande

Deur Terria / 11 Januarie 2021 / Verlos van Skande

Wanneer was die laaste keer dat jy ‘n slegte besluit geneem het?

‘n Werklike slegte besluit. ‘n Besluit wat jy uit vrees gemaak het.

‘n Besluit waar jy nie ag geslaan het op God nie en opsetlik ongehoorsaam was aan Hom.

‘n Keuse wat jou verneder, gebroke en skaam gelaat het.

Die keuse om te sondig.

As jy soos ek is, het jy al in tye van jou lewe geworstel met die skuldgevoelens en skande van sonde.

In Genesis 3, het Adam en Eva van aangesig tot aangesig gekom met ‘n keuse, en nooit besef hoe verreikend of verwoestend die sondige keuse sou word nie.

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra:

“Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

-Genesis 3:8-10

Genesis 3:8-10 openbaar die mensdom se eerste bekendstelling met vrees, skuld en skande. Adam en Eva het van God en van mekaar weggekruip. Hulle het verskonings gemaak vir hulle sonde. Uiteindelik het hulle sonde daartoe gelei dat hulle aan God se liefde vir hulle en sy goedheid teenoor hulle getwyfel het.

Sonde is op hierdie manier baie subtiel. Dikwels besef ons nie eers dat ons in sonde verval het totdat dit te laat is nie. Selfs nadat ons sondig, probeer Satan, wat ‘n meester manipuleerder is, om ons te oortuig dat ons nie meer God se liefde of verlossing waardig is nie. Hy oortuig ons dat God ons nie kan en sal bedek nie.

Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle het dit aangetrek.

-Genesis 3:21

Adam en Eva was bang, versteek, naak en skaam. God het na hulle gekom in hulle sonde en hulle genadiglik en barmhartig met velklere bedek. Ja. Hulle sou uiteindelik die gevolge van sonde in die gesig staar, maar God se liefde vir hulle sou nooit faal nie.

‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

-Johannes 10:10

Hoekom is dit vir ons so maklik om te vergeet dat God ons liefhet selfs wanneer ons op ons slegste is? Hoekom glo ons die leuen dat God gewillig is om ons weg te gooi die oomblik wat ons Hom faal? Satan begeer dat ons moet ly met die isolasie van skande, sodat hy ons vasgevang kan hou in ons vrees van oordeel, verwerping en doemvonnis.

As gelowiges, is God naby ons, selfs wanneer ons sondig. God is ons Pottebakker en ons is vir ewig die klei in sy hande (Jesaja 64:8). Hy is altyd besig om ons te vorm, te hervorm en te verander tot sy nuwe en kosbare skepping. Die oomblik wat ons sondig, is God daar, gereed om met genade en barmhartigheid ons beskadigde krake en fragmente te herstel en te vernuwe. As gelowiges moet ons die dissipline ontwikkel om met vrymoedigheid na God toe te hardloop in ons sonde, net so vinnig as wat ons na Hom toe hardloop in ons vreugde.

Hoe kan ons God se goedertierenheid vertrou selfs wanneer ons sondig? In plaas van die vel van offerdiere van Eden, het God ons eens en vir altyd bedek met sy allerhoogste offer van Jesus Christus (Romeine 3:25, Hebreërs 9:11-14). In Openbaring 3:18 sê Jesus dit self – Hy is die Een wat ons naaktheid bedek met sy regverdigheid.

Die genesing vir die skuldgevoelens en skande van sonde is om God toe te laat om ons te bedek. Eerder as om onsself te bedek met die vyeblare van isolasie, wegskuil en verskonings maak, lê ons onsself eenvoudig bloot. Ons hardloop na God toe net soos ons is – naak en hulpeloos. Ons roep uit na God in ons nood en laat Hom toe om ons te herinner aan die opoffering wat Hy alreeds vir ons gemaak het.

Jesus het vir ons sondes en ons skande gesterf. Ons moet dit eenvoudig net glo!

Op watter maniere worstel jy met die skande van sonde? Hoe kan ons vir jou bid?

 Genade en vrede vir jou,

Week 1 Uitdaging:

Worstel jy met die skande van sonde, of met barheid in ‘n sekere deel van jou lewe, of met gevoelens dat jy ontoereikend is? Skryf hierdie week ‘n proklamasie uit en plaas dit in jou Bybel, op jou spieël in jou badkamer om elke oggend te lees terwyl jy regmaak vir die dag of op ‘n kaartjie om in jou motor te plaas.

Ek sal nie meer skande voel oor ____________________nie, want God ________________.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse