Inleiding

Het jy al ooit gevoel asof jy nie inpas nie? Dit mag wees dat jou waardes en oortuigings nie waardeer word nie. In werklikheid kan dit aktief teengestaan word. Vriendin, jy is nie alleen nie. Hierdie wêreld is nie ons ewige tuiste nie. Dit is slegs ‘n skaduwee van wat kom. Tog is ons geroep om hier te leef. Ons lewens is bedoel om anders te wees wanneer ons getrou aan God oorgegee is.

In die boek Daniël het God se volk in moeilike tye geleef. Hulle het gedink dat hoe hulle leef nie saak maak nie. Na baie waarskuwings het God toegelaat dat sy volk verslaan word. Die Babiloniërs het oorgeneem en hulle het die jonges, die adel en dié wat hulle nuttig geag het, na Babilonië geneem. Hulle doel was om hierdie mense op te lei in die weë van Babilon.

Ons sal leer hoe hierdie jong mans daarop gereageer het om in ‘n plek te leef wat so anders was as wat hulle geken het. Hoewel die mense waarskynlik in die versoeking was om hulle self in Babilon te isoleer of om met die omliggende kultuur te meng, het God sy volk geroep om getrou te leef waar Hy hulle geplaas het. Hulle moes probeer om die stad en die mense om hulle te seën deur ander na God te lei. God wou sy mense se harte verander.

Op dieselfde manier wil God hê dat ons ook hierdie pad moet stap. Terwyl ons op die wederkoms van Jesus wag, moet ons dit ons missie maak om die mense om ons te seën deur hulle na Jesus te lei. Ons moet ons dae oorgegee aan Christus leef en die Heilige Gees toelaat om te werk aan ons karakter, ons hartshouding en hoe ons kies om deur die verskillende seisoene van die lewe te werk.

Ten spyte van menige moeilike dae het Daniël getrou gebly in die klein en groot uitdagings. Sy lewenswandel het uitgestaan, omdat hy getrou die volk aan God se krag herinner het. Aan die einde van die boek het God aan Daniël visioene gegee, maar Hy het hom verseker dat die goeie aan die einde van die tyd sal oorwin. God het ‘n plan gehad om sy volk te verlos.

Het jy al ooit daaraan gedink dat God jou daar geplaas het waar jy is, tussen die mense wat jy ontmoet, vir ‘n besondere doel? God het jou uniek gemaak. Hy het jou lief en waardeer jou. Jy kan ‘n onderskeidende lewe lei waar jy mense met selfvertroue wys na die Een wat red. Mag hierdie studie jou help om in jou kennis en liefde van ons getroue, standvastige God te groei terwyl Hy jou hart transformeer om meer soos Christus te wees en getrou in ‘n ongelowige wêreld te leef.

Het jy al ooit daaraan gedink dat God jou geplaas het waar jy is, tussen die mense wat jy ontmoet, vir ‘n besondere doel?

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs