Ingestel op Christus

Ingestel op Christus

Angela Perritt

In ‘n kultuur waar die doel is dat jou eie behoeftes bevredig moet word, is die keuse om te vas en jouself te ontken, die teenoorgestelde van hoe ons vertel word om te leef. Tog herinner dit ons ook dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie. Jesus vra van ons om onsself te verloën en Hom te volg en dit was op daardie stadium net so teen die kultuur as wat dit nou is.

Vas is baie meer as net om nie kos in te neem nie. Dit is ‘n doelbewuste daad om ons fisiese behoetes te ontken sodat ons meer ingestel op Christus kan word. Wanneer ons vas, draai ons nie net weg van kos of gedrag nie, maar draai ons na ‘n dieper en nadere verhouding met God.

Om te vas beteken dat ons die afleidings wat ons wegtrek van God af, wegneem. Dit is ‘n geestelike dissipline wat ons help om meer bewus te word van die werk van die Heilige Gees in ons lewens. Dit stel ons ook in staat om God se heiligheid dieper te begryp. Wanneer ons vas sit ons doelgerig die lawaai van ons daaglikse roetines opsy en skep ons spasie in ons harte en gedagtes om alleenlik op die Here te fokus.

In Markus 8 sien ons Jesus se woorde om onsself te verloën en Hom te volg. Om onsself te verloën, ons kruis op te neem en te kies om Hom te volg, is die hart van om te vas. Dit is ‘n keuse om iets wat ons begeer opsy te sit, iets wat ons tyd en aandag in beslag neem, en om Jesus te volg. Hierdie selfverloëning is ‘n bewustelike keuse om ons verhouding met Christus bo alles anders te prioritiseer. Alhoewel dit nie maklik sal wees nie en dit teen alles in ons vlees mag gaan, kán ons dit doen deur die krag van die Heilige Gees.

Terwyl ons hierdie jaar tydens die Lydenstyd die praktyk van vas beoefen, kom ons gebruik hierdie seisoen as ‘n geleentheid om ons verbintenis met Jesus te verdiep. Laat ons hierdie tyd gebruik om na te dink oor sy opoffering en liefde vir ons en laat ons die Heilige Gees toelaat om in ons te werk en ons te verander. Deur onsself te verloën, open ons ons harte om die ware koste van dissipelskap en die onmeetbare liefde van Christus, wat Homself ter wille van ons verloën het, te verstaan.

Ek bid dat hierdie Lydenstydseisoen ‘n tyd sal wees om waarlik die krag van om te vas te verstaan en te ervaar, om nader aan God te kom en om die volheid van die lewe in Christus in elke aspek van ons lewens, met ope arms aan te neem.

Wees Heelhartig Lief vir God.

Week 1 Uitdaging:

Hierdie week bestudeer ons wat vas is. Terwyl vas tradisioneel vir kos bedoel was, is daar baie ander dinge waarvan ons kan vas. Kies hierdie week iets waarvan jy vir die res van die Lydenstyd gaan afsien. Dit kan ‘n volledige of ‘n gedeeltelike vas wees. Vra God om jou te wys waarvan jy moet vas onderwyl jy in hierdie seisoen jou hart in lyn met Syne wil bring.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

 

 

Angela

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse