In Sy Krag – Vandag: Stephie se Verhaal

Ek het gedurende die somer van 2004 ‘n Bybelstudie oor besluiteloosheid bygewoon. Ons het gepraat oor hoe ons sekere goed kan doen wat ons weet wat nie goed vir ons is nie, soos om te rook.

Ek het die grootste deel van my lewe gerook. As ‘n kind het ek nie baie toesig gehad nie en ek het met rook geëksperimenteer vandat ek vyf jaar oud was. Nou, op 43-jarige ouderdom, het ek elke dag meer as twee pakkies sigarette op ‘n dag gerook. Alhoewel ek menige kere probeer het om op te hou, het ek elke keer gefaal. Ek het so baie keer gefaal om op te hou, dat ek besluit het ek moet seker daarvan hou om te rook en ek sal seker vir ewig rook.

Tydens die Bybelstudie het ek begin dink oor hoe die boodskap vir my sin gemaak het. Ek het gesien hoe twee mense wat vir baie lank rokers was, dadelik opgehou het as gevolg van gesondheidsprobleme. Een van hulle was my 80-jarige ouma wat met borskanker gediagnoseer is na 60 jaar van rook. Haar kanker is verwyder deur middel van chirurgie, maar die dokters het aan haar gesê dat sy minder as ‘n jaar oor het om te leef as sy sou aanhou rook. Haar dokters het haar ook meegedeel dat sy ‘n addisionele vyf jaar kan leef as sy ophou rook. Sy het ophou rook.

Die ander persoon was ‘n ouer medewerker van my wat vir 40 jaar gerook het en hartprobleme ontwikkel het. Sy het onlangs noodchirurgie ondergaan om ‘n stent in ‘n slagaar te plaas om dit oop te hou vir bloedvloei. Haar dokters het haar meegedeel dat as sy ooit weer sou rook sou die stent beweeg en sy sal waarskynlik sterf. Sy het ophou rook, net daar en dan!

Ek het met diepe bepeinsing uit die kerk uitgestap. Wat as ek elke keer wanneer ek voel dat ek wil rook, so lank as moontlik probeer uithou voor ek weer rook?

Ek het al die pad oppad kerk toe gerook en het my redelike nuwe sigaret op die rand van my asbakkie uitgedoof, en ek was van plan om dit weer aan te steek as ek uit die kerk kom. Nou het ek ‘n nuwe plan gehad. Ek het die sigaret weggesit en die asbakkie toegemaak, halfvasberade om te wag.

Dit was ‘n 60 km rit huis toe. Toe ek op die snelweg klim, het ‘n blik van iets op die agtersitplek gesien. Ek kon nie iets sien toe ek direk daarna kyk nie, maar ek het gevoel die Heilige Gees is saam met my in die kar. Ek het nie regtig geweet wat om te doen nie, maar ek het besluit om my Bybel en Bybelstudiepapiere op die grond te sit en die teenwoordigheid uitgenooi om voor langs my te kom sit. Ek het my regterhand die res van die pad huistoe uitgehou asof ons hande vashou.

Toe ek daardie aand regmaak om te gaan slaap het ek ‘n nikotien suigtablet geëet. Dit het oorgebly van een van my menigte vroeëre pogings om op te hou rook. Ek het gedink dit mag dalk die tyd verleng voor ek nog ‘n sigaret nodig het.

Maar daardie belustiging het nooit gekom nie. Ek het die volgende oggend wakker geword met dieselfde suigtablet half-opgelos binne in die kant van my mond. Ek het nie ‘n sigaret nodig gehad nie.

Dit was drie dae voordat ek vir enige iemand daarvan vertel het. Ek het ‘n gaping gelos om weer te kan begin rook sonder dat iemand weet wat gebeur het, indien my Wonderwerk nie lank sou duur nie.

Soos die weke verbygegaan het sonder enige belustigings het ek begin glo dat dieselfde God wat die Rooi See vir die Israeliete oopgemaak het, dieselfde God wat Sadrag, Mesag en Abednego in die vlammende oond gered het, vandag nog steeds wonderwerke doen! Hy is nie net in staat om wonderwerke te doen nie, maar Hy is gewillig! En nie vir vreemdelinge nie, maar vir my!

My hele lewe was ek ‘n volgeling van Christus, maar dit was toe dat ek wat ek begin het om waarlik vir Hom lief te word.

Ek was nie net ‘n nie-roker nie, maar ek kon tussen ander rokers wees sonder om ‘n begeerte te kry om weer te rook, soos wat ek vroëer sou gehad het. Ek het ook nie dieselfde newe effekte gehad soos wanneer ek in die verlede probeer ophou rook het.

Wat het hier gebeur? Ek kan jou nie definitief vertel nie, maar die Bybel sê dit is die waarheid wat ons vrymaak (Johannes 8:32). Dit was die waarheid wat my gedagtes vrygemaak het van verslawing. Dit was die Heilige Gees in die kar saam met my wat my die geskenk van geloof gegee het en die bemoediging gegee wat ek nodig gehad het om nog een keer te probeer.

Dit was amper 16 jaar gelede. Min het ek geweet dat hierdie ervaring net die begin was van baie meer wonderwerke wat sou kom soos my verhouding met Jesus gegroei het.

Dit weet ek, getrou aan sy belofte in Johannes 14:21: as ons Hom liefhet, sal Hy Homself aan ons openbaar.

Ek bid dat hierdie boodskap jou sal seën en jou sal help om te glo vir jou wonderwerk. Hy is in staat en gewillig.

Stephie, Duitsland

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse