In Die Ark

In Die Ark

Wag is my dood!

Ek is baie kwesbaar vir impulsiwiteit, roekeloosheid en moedeloosheid wanneer ek nie vir seker weet wanneer my gewag verby sal wees nie

Ja. Ek het daagliks daaroor gebid, maar ons almal weet wat gebeur wanneer mens bid vir geduld!

Die manier waarop God genadiglik die vrugte van geduld, vrede en selfbeheersing in my hart laat groei, is deur my voortdurend in situasies te plaas waar die saad kan uitspruit en groei.

Ek is baie bemoedig en versterk deur Noag se geduld en gehoorsaamheid.

Noag was vir 120 jaar lank gehoorsaam aan God terwyl hy ‘n ark vir ‘n storm moes bou. Hy het nog nooit reën gesien nie. Hy het nog nooit ‘n storm of ‘n vloed beleef nie. Noag het geen idee gehad van wat sou kom nie. Tog, in sy gehoorsaamheid het hy geduldig volhard.

Terwyl ek Noag se geduld in die uitvoer van God se opdrag bepeins, dwing dit my op my knieë. Dit herinner my daaraan dat my nederige en geduldige oorgawe aan God ‘n vorm van aanbidding is. My gehoorsaamheid sê: ‘Here, ek vertrou U, selfs al is ek nie bekend met u plan nie. Here, ek sal geduldig volhard.’

Uiteindelik, ná dekades se bouwerk, is Noag en sy gesin skielik in ‘n jaarlange grendeltyd geplaas. (Klink dit bekend?)

Noag was geforseer om vir ongeveer 370 dae lank in ‘n geslote ark te bly met net sy familie en elke soort dier wat die aarde sou bewoon.

Ek kan my net die gesig, die geluide en die reuke voorstel. Die dae moes eindeloos gevoel het.

Noag was geduldig terwyl hy gewag het dat die vloedwater moes sak, sonder ‘n woord van God.

Die Here heers oor die watermassas,

Hy heers vir altyd as koning. Die Here

gee krag aan sy volk; die Here seën

sy volk met oorvloed. – Psalm 29: 10-11

Terwyl ons wag, is ons nooit alleen nie. Ons het God se Woord en sy beloftes wat as ons riglyn en leiding dien, terwyl ons wag dat Hy optree. Ons kan daarin veilig voel.

God is nie minder kragtig in sy stilte as in sy uitsprake nie.

In sy stilte was God steeds aan die werk namens Noag, sy gesin en die wêreld.

Vir Noag het dit dalk gevoel of hy in ‘n tronk was – beperkend, ongemaklik – maar hy was inderwaarheid binne God se belofte. Die ongemak aan die binnekant van die ark was God se belofte teen die oordeel wat aan die buitekant gewoed het.

Die ark was God se voorsiening.

 God het ‘n geleentheid vir veiligheid gebied. Almal wat gekies het om hulle te bekeer, het die geleentheid gehad om die ark binne te gaan. Hulle het 120 jaar gehad om hulle te bekeer, maar hulle het geweier. Op die ark het God vir hulle ruimte, kos en drinkwater voorsien, alles wat elke passasier nodig gehad het om ‘n jaar lank te oorleef.

Die ark was God se beskerming.

 God het die deur van die ark agter hulle gesluit. ‘n Hele jaar lank was hulle veilig teen die verwoestende elemente – die reën, die son, die ontbindende liggame van mens en dier. God het die enigste mense wat oor was op die hele aarde beskerm.

Die ark was God se behoud.

 God het lewe en die skepping vir die volgende geslag bewaar. Terwyl die wêreld hervorm is namate die waters afgeneem het, het God die wêreld buite die ark voorberei vir Noag en die volgende geslag om gemaklik in te woon.

Uiteindelik, ná meer as ‘n jaar, het Noag van God gehoor wat hom uit die ark geroep het. Toe Noag die ark verlaat het, ná jare van geduldige gehoorsaamheid, was die eerste ding wat hy gedoen het om ‘n altaar te bou om God te aanbid.

Wanneer ons tye van ongemaklike wagperiodes ervaar kan ons Noag se voorbeeld volg.

Kyk. Wag. Aanbid.

Ons kyk geduldig uit vir die stille beweging van God in ons omstandighede.

Ons bepeins God se Woord en sy beloftes geduldig terwyl ons wag op God se roeping.

Ons soek geduldig alle geleenthede om God te loof en te aanbid te midde van ons omstandighede.

Waar word jy uitgedaag om geduldig op God te vertrou terwyl jy wag?

Vrede en genade vir jou,

Week 5 Uitdaging:

God het vir Noag ‘n reënboog gegee as teken van sy belofte om nooit weer die hele aarde deur ‘n vloed te vernietig nie. Reënboë kom altyd na ‘n storm. Wat vertel dit vir ons van God se sorg en voorsiening vir ons te midde van moeilike tye? Hoe vertrou jy sy beloftes as jy binne-in ‘n storm is?

Week 5 Leesplan:

Week 5 Memoriseervers:

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse