Hoe Om Terug te veg

Hoe Om Terug te veg

Angela Perritt

“Eindelik my broers word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.”- Efesiërs 6:10-11

Vriende voor ons die nuwe studie oor die Wapenrusting van God begin, moet ons eers bid en vir God vra om ons oë oop te maak vir die geestelike gevegte wat rondom ons woed, nie om ons te laat vrees nie maar om ons bewus te maak daarvan. Alhoewel ons nie in vrees moet leef nie moet ons ook nie naïef wees oor wat agter die skerms gebeur nie. Dit is tyd vir ons om waaksaam, wys en gegrond in die Woord van God te wees en ook bewus te wees van die onsigbare gevegte wat daagliks ‘n impak het op ons lewens en diegene wat ons liefhet.

Ons Gevegte is Geestelik

Wanneer konflik, moedeloosheid en beproewinge opduik, weet ek dit is maklik om die mense wat die konflik veroorsaak as ons vyande te sien, maar in werklikheid is hulle nie. Ons moet onthou hulle is bloot die sigbare manifestasies van ‘n onsigbare geestelike stryd. In Efesiërs 6:12 lees ons dat ons stryd “nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die geestelike magte van die bose in die hemele”. Om werklik sterk te staan in ons gevegte, moet ons leer om ons geestelike wapens te gebruik aangesien dit ‘n geestelike stryd IS. Efesiërs 6:10-11 sê vir ons ons moet ons krag van God kry, nie van onsself nie. Ons eie menslike krag en wysheid is eenvoudig nie genoeg vir die gevegte wat ons in die gesig staar nie. Moenie toelaat dat dit jou laat vrees nie. God het vir jou alles gegee wat jy nodig het om jou gevegte suksesvol aan te pak en te veg. Jy moet net weet hoe om voor te berei! Onthou ons krag kom van die Heilige Gees wat in en deur ons werk. Ons hoef nie die krag of wysheid op ons eie bymekaar te maak nie. In plaas daarvan bemagtig die Gees van God ons en lei ons elke tree van die pad.

Liewe vriend, moenie vergeet dat ons ‘n God dien wat reeds die stryd gewen het nie! Hy roep ons om nie terug te staan nie, maar om vas te staan in hierdie wete. Om te weet dat God ons gevegte sal veg is vertroostend, maar ons moet ook ons deel doen deur te staan in die geestelike wapenrusting wat Hy ons genadiglik gegee het.

Wat Jy Dra Maak Saak

Die Apostel Paulus laat ons nie wonder wat om te doen nie; hy gee ons opdrag om “die volle wapenrusting van God aan te trek”. Dit is ‘n doelbewuste daad. Elke dag moet ons kies om die geestelike wapenrusting wat God ons gegee het aan te trek en om onsself voor te berei vir die onsigbare gevegte wat ons in die gesig staar. Dit is dieselfde as om soggens aan te trek; ons sal nie in ons slaapklere uitgaan nie en net so moet ons nie ons dag instap sonder die wapenrusting van God nie.

Kom ons begin om doelbewus te wees soos ons ons dae begin om te “dress for success”. Kom ons leun op God se magtige krag, trek daagliks Sy wapenrusting aan en staan vas teen Satan se aanvalle. Kom ons wandel met selfvertroue en met die wete dat ons krag van die Here kom en Hy is ons oorwinning. Onthou ons is nie alleen in ons gevegte nie en is toegerus met alles wat ons nodig het deur Christus!

Week 1 Uitdaging:

Neem hierdie week verskeie notakaarte of neem ‘n paar bladsye in jou gebedsjoernaal en skryf die naam van ‘n geliefde bo-aan elke bladsy. Onder die naam skryf jy die woorde: fisies, verstandelik, geestelik en emosioneel. Fokus daarop om te bid vir beskerming in elkeen van hierdie gebiede vir jou geliefdes en wees so spesifiek as moontlik.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

 

Angela

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs