Hoe Om Met Wysheid Te Leef

Efesiërs 5:15 sê “Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.” Hoekom moet ons verstandig lewe? Paulus sê vir ons in vers 16, “want ons lewe in ‘n goddelose tyd.”

Daar was baie onheil in Ester se tyd, net soos daar vandag ook is. Ester sal geroep word na die hof van ‘n koning wie se leefstyl oordadig en uitspattig is. Ons sal dit duidelik sien wanneer ons bestudeer hoe hy te werk gegaan het om ‘n nuwe koningin te soek.

Ester sal moet lig loop en baie verstandig lewe om haar mense te red.

Wanneer dit by onheil kom is ons kultuur nie veel anders nie. Jy kan nie die TV aansit sonder om van die aaklige goed wat in die wêreld gebeur te sien nie. Party van dit is hartseer en ander is skrikwekkend. Dit is nie net oorsee nie, maar ook in ons eie tuisdorpe. Onheil is oral.

Paulus herinner ons om versigtig te lewe, omdat daar sondes en onheil in die wêreld is.

Hoe kan ons dan ons kultuur, waarin daar soveel onheil is, betrek? Hier is ‘n paar punte wat ons sal help om oor ons kultuur na te dink.

1. Verwerp wat sleg is.

Daar is baie verskriklike dinge in ons wêreld. Onheil soos mensehandel, pornografie en rassisme is ‘n paar wat voor die hand liggend is. Daar is egter ook ander wat nie so opsigtelik is nie. Materialisme, ontevredenheid, selfsugtigheid, luiheid en geregtigheid is ook van die euwels wat ons moet verwerp en teen baklei.

2. Neem dit wat goed is aan.

Daar is baie skoonheid en waarheid in hierdie wêreld. Alle mense is na die beeld van God geskape, wat aan elke mens waarde en betekenis gee. Kreatiwiteit is een van die karaktereinskappe wat ons het omdat ons in God se beeld geskape is. Daarom kan ons wonderlike musiek en kunswerke waardeer. Ons kan ook humanitêre veldtogte, ramphulp, lukrake goedhartigheid en baie van die feeste wat ons gemeenskappe aanbied, ondersteun.

3. Herbou wat gebroke is

Daar is sommige goed in ons kultuur wat gebroke is wat ons nou moet herbou. Dinge soos die onderwysstelsel, die regering, families en huwelike, mense se lewens en woonbuurte, om maar net ‘n paar te noem.

Die wêreld is ‘n gevaarlike plek, maar ons is hierheen gestuur vir ‘n missie. Ons moet nie hierdie wêreld as ons woning beskou nie, ons leef in hierdie wêreld, maar ons moet nie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie, en dit verg wysheid (Romeine 12:2). Gelukkig vir ons wat on geloof in Jesus geplaas het, ons het toegang tot die God van alle wysheid wat ons daagliks deur die Heilige Gees sal lei. Mag jou dae gekenmerk word deurdat jy met wysheid leef en ons goeie en getroue God aanbid.

Kyk na Hom,

Jen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs