Groot Lydensweek – Welkom, Wat is die SOAP Metode en ‘n Geskenk vir jou!!

WELKOM by ons Groot Lydensweek reeks wat môre begin.

Van Palm Sondag af, wandel ons saam in die Evangelie van Matteus en deur die gebeure van elke dag van die Groot Lydensweek, die week voor Jesus se dood en opstanding.

Ons Groot Lydensweek reeks sal op Sondag 28 Maart begin en op Maandag 5 April eindig.

Elke dag sal jy ‘n e-pos ontvang wat die volgende insluit:

  • Skrifgedeeltes om te lees
  • ‘n SOAP vers om jou te help om dieper te delf
  • ‘n Kort dagstukkie om jou te bemoedig en te bekragtig
  • Pragtige prentjies om jou te inspireer
  • en MEER!

Teken in op ons blog om hierdie reeks per e-pos te ontvang.

Julle sal elke dag ‘n e-pos ontvang met Skrifgedeeltes om te lees en ‘n vers of twee om te SOAP.

Ons wil graag vandag vir julle verduidelik wat die SOAP metode is en hoekom ons dit gebruik.

Hoekom gebruik ons die S.O.A.P. metode?

‘n Mens kan teksverse net lees, maar wanneer jy jou tyd neem om dit REGTIG te lees, om interaksie te hê met die Woord, dan staan woorde skielik uit. Die SOAP metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ek wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy sal kry uit jou daaglikse stiltetyd…. jy sal verbaas wees.

Wat beteken S.O.A.P.?

S– Die S staan vir Scripture- jy skryf die teksverse neer…. jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in Sy woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!

O– Die O staan vir Observation- wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A– Die A staan vir Application- dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P– Die P staan vir Prayer. Bid God se Woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in Sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou gewys het op sonde in jou lewe.

 

Ons het spesiaal drie pragtige sluitskerms vir jou selfoon ontwerp, om jou te herinner aan die oorwinning wat jy in Christus het! Die skakels om dit af te laai is onder elke prentjie.

https://www.dropbox.com/s/vrs3xvnpub1hcl0/HY%20HET%20OPGESTAAN%201.png?dl=0

 

https://www.dropbox.com/s/e4nuji67azu3cp7/HY%20HET%20OPGESTAAN%203.png?dl=0

 

https://www.dropbox.com/s/vtxygzupjxi1ce4/HY%20HET%20OPGESTAAN%202.png?dl=0

Baie dankie dat julle by ons aansluit vir hierdie reeks. Ons sien baie daarna uit om elke dag saam met julle dieper te delf in God se Woord, en die gebeure tydens die week voor Jesus se kruisiging en opstanding te bestudeer.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse